Vrugte en Groente Lysies

Om baie vrugte en groente in jou dieet in te sluit, kan jou risiko om hartsiektes, kanker, inflammasie en suikersiekte te ontwikkel, verminder.

Is te veel vrugte ongesond?

Navorsing toon dat oormatige inname van toegevoegde suiker skadelik is.

Dit sluit tafelsuiker (sukrose) en hoë fruktose mieliestroop in, wat albei ongeveer die helfte glukose, die helfte fruktose bevat.

Een van die redes waarom oormatige toegevoegde suikerinname skadelik is, is die negatiewe metaboliese effekte van fruktose as dit in groot hoeveelhede verbruik word.

Baie mense glo omdat geprosesseerde suiker sleg is, dieselfde ook vir vrugte, wat ook fruktose bevat, moet geld.

Dit is egter ‘n wanopvatting. Fruktose is slegs skadelik in groot hoeveelhede, en dit is moeilik om oormatige hoeveelhede fruktose van vrugte te verkry.

As fruktose vinnig en in groot hoeveelhede jou lewer tref, soos wanneer jy gaskoeldrank drink, kan dit mettertyd nadelige gevolge vir jou gesondheid hê.

As fruktose egter stadig en in klein hoeveelhede jou lewer tref, soos wanneer jy ‘n appel eet, is jou liggaam aangepas om die fruktose maklik te metaboliseer.

Vrugte lys

Alle vrugte is toelaatbaar op die plan, met die volgende beperkinge:

  • Aarbeie: 5 Klein OF 3 groot
  • Druiwe: 10 – 15 korrels
  • Lietsjies: 10
  • Piesang: 1 per ete, 2 per dag, 4 per week

​Behalwe bogenoemde beperkinge, kan jy ook beter vrugte-keuses maak gebaseer op die totale styselinhoud.

Vrugte (aanbeveel)

(<12g stysel per 100g porsie)

Aalbessievla

Kiwivrug

Pruim

Aarbeie

Lemmetjie

Pynappel

Appel

Lemoen

Spanspek

Appelkoos

Nartjie

Suurlemoen

Appelliefie

Olyf

Swartbessie

Bloubessie

Papaja

Tamatiepruim

Framboos

Peer

Vlier

Grenadella

Perske

Waatlemoen

Kersies

Pomelo

Vrugte (vir matige gebruik)

(>12g stysel per 100g porsie)

Druiwe

Litchi

Granate

Mango

Koejawels

Piesang

Koemkwat

Vye

Groente keuses

Die meeste groente is toelaatbaar op die plan, met die volgende beperkinge:

  • Aartappel: Slegs wanneer die plan dit noem
  • Avokadopeer: 1 As groentesoort, ½ in slaai, 2 per week
  • Patat: Slegs as plaasvervanger vir aartappel

​Ontoelaatbare groente:​

  • Mielies, ertjies, peulgroente (behalwe groenbone)

​Behalwe bogenoemde beperkinge, kan jy ook beter groente-keuses maak gebaseer op die totale styselinhoud.

Groente (aanbeveel)

(<12g stysel per 100g porsie)

Alfalfa spruite

Brusselse spruite

Radyse

Aspersies

Eiervrug

Sampioene

Avokadopeer

Groenbone

Seldery

Bamboes spruite

Knoffel

Soetrissie

Ben spruite

Komkommer

Somerskorsies

Blaarslaai

Kool

Spinasie

Blomkool

Mosterdblare

Tamatie

Broccoli

Murgpampoentjies

Uie

Groente (vir matige gebruik)

(<12g stysel per 100g porsie)

Aartappels

Witwortel

Beet

Wortels

Botterskorsies

Wat van diabete?

Navorsing wat die afgelope 20 jaar in Kanada, Australië, die Verenigde Koninkryk, Italië, Frankryk, Denemarke en Suid-Afrika gedoen is, bewys bo alle twyfel dat baie voedselsoorte wat as ‘veilig’ beskou word op ‘n tradisionele suikervrye dieet, verhoog eintlik diabete se bloedglukosevlakke tot buitengewoon hoog.

Sommige van die voedselsoorte wat voorheen as ‘veilig’ beskou is, lei tot baie hoë bloedglukose-verhogings en moet daarom eerder vermy word. Baie ander voedsel wat suiker bevat, wat diabete in die verlede moes vermy, veroorsaak geen groot fluktuasies in hul bloedglukose nie. Dit is dus nie sinvol om hierdie kosse vir diabete te verbied nie.

Glukemiese Indeks

Die glukemiese indeks (GI) is bloot ‘n ranglys van voedsel gebaseer op hul onmiddellike effek op bloedglukosevlakke.

Dit is ‘n fisiologiese maatstaf van hoe vinnig en tot watter mate ‘n koolhidraatvoedsel die bloedglukosevlakke beïnvloed.

Met ander woorde, die GI bepaal hoe vinnig en hoe hoog jou bloedsuikervlakke styg nadat jy ‘n styselagtige voedselsoort soos brood, rys, pasta ensovoorts, eet.

Beter keuses vir diabete

Om voedsel met ‘n lae GI te kies (in plaas van ‘n lae suikerinhoud) is ‘n baie meer doeltreffende manier om die bloedglukose van diabete te verlaag en te beheer.

Dit is dus die rede waarom Die 28 Dae Eetplan se vrugte- en groentelysies gerangskik is volgens styselinhoud en nie suikerinhoud nie.


Maak voorbereiding Maklik, Moeiteloos en Vinnig.

Ervaar waarom soveel mense Eet & Geniet resepteboek as hul dieetvennoot kies.
Gesond eet was nog nooit só lekker nie!

Klik hier om meer te lees.

EETPLAN IDEES

Similar Posts

One Comment

Leave a Reply to Betsie Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *