Veral vir diegene wie die plan vir die eerste keer aanpak, kan dit soms oorweldigend wees om te onthou wat presies jy mag en nie mag eet nie.

Dit is die rede waarom ons hulpbronne bestaan – om die plan makliker te maak om toe te pas.

Die 7 Dae Uitdaging is die heel maklikste manier om met die plan te begin – al het jy GEEN kennis oor die plan nie; terwyl die Resepteboek jou leer hoe om gesonde maaltye volgens die riglyne van hierdie plan voor te berei.

Die onderstaande twee lyste bevat spesifieke items waaroor gereeld vrae gevra word, en is gekategoriseer volgens wat toelaatbaar is en wat nie toelaatbaar is nie.

Toelaatbaar

Opsomming van items waaroor gereeld navraag gedoen word. Al die items op hierdie lys is toelaatbaar op die plan.

  • Alle vars of gedroogte speserye en kruie

  • Aromat

  • Balsamiese asyn

  • Eetlusdemper (persoonlike keuse)

  • Gelatien / Kollageen poeier

  • Gerookte vis of hoender

  • Olywe (3-5 olywe in slaai)

  • Peusel slegs vir mediese redes, bv. diabetes, lae bloeddruk ens.

  • Sodawater (tuisgemaak)

  • Suikervrye kougom (nie aanbeveel, persoonlike keuse)

  • Suurlemoensap

  • Tabasco sous

  • Tuisgemaakte smoothies (slegs met toelaatbare bestanddele)

  • Tuna (in water, nie olie)

  • Vars gemmer, knoffel, rissies, grasuie, kruie

  • Versoeter (persoonlike keuse)

  • Volstruis, wildsvleis, steak

  • Worcestershire sous

Ontoelaatbaar

Opsomming van items waaroor gereeld navraag gedoen word. Al die items op hierdie lys is toelaatbaar op die plan.

  • Alkohol

  • Bone (behalwe groenbone)

  • Drink-o-Pop

  • Ertjies

  • Feta kaas/Maaskaas/Sagte kase

  • Gaskoeldrank (insluitende Lite/Zero/Diet weergawes)

  • Geblikte groente/salm

  • Gegeurde sodawater

  • Heuning

  • Lensies

  • Mayonnaise of enige ander sous wat nie spesifiek genoem word nie

  • Mieliemeel

  • Mielies

  • Organe (lewer, niertjies, nekkies,    magies ens.)

  • Peuselhappies

  • Room

  • Rys/Ryskoekies

  • Sap

  • “Shakes”

  • Springmielies

  • Suiker

  • Varkvleis

  • Wegneemetes

Leave a Reply