Voorbereiding van maaltye: Wat mag ek by my kos voeg?
Toelaatbaar | Ontoelaatbaar | Addisioneel | Suiker | Graankos | Eiers | Droë Vrugte
Anders as ander diëte, hoef jy glad nie vaal, gestoomde kos op hierdie eetplan te eet nie. Jy mag sout, peper, speserye, vars/gedroogte kruie en sekere souse gebruik om jou maaltye op te kikker.
Opgekookte, smaaklose groente staan niemand aan nie. Om opgekookte wortels as een groente te eet is aaklig.
Dit is hoekom ons ‘n resepteboek saamgestel het met 200 resepte om jou aan die hand te vat met smaaklike, unieke disse. ‘n Dieet hoef nooit soos straf te voel nie.
Dit is belangrik om te onthou dat GEEN items op die plan uitgelaat of vervang mag word nie, tensy daar ‘n geldige mediese rede is.
Moet ook nie maaltye omruil of oorslaan nie.
Toelaatbaar
- Alle vars of gedroogte speserye en kruie, bv. knoffel, grasuie, kruisement ens.
- Spray & Cook (enige geur)
- Suurlemoensap, Balsamiese asyn, Worcestershire sous & Tabasco sous
Ontoelaatbaar
- Olie, vet, botter, smeer
- Verdikkers, poeiers, meel
- Suiker, stroop, heuning
- Souse wat nie hierbo genoem word nie (geen Mayonnaise, blatjang, pesto ens.)
Addisioneel
- ‘n Kwart ui mag by elke maaltyd gevoeg word wat groente bevat, bv.: As jy groenbone kies as 1 groente mag jy ‘n kwart ui daarby voeg.
- 3-4 Sampioene sowel as ‘n ¼ soetrissie mag bygevoeg word SLEGS by tamatie en uiesmoor, as volg:
- Dag 2 (2 Eiers & Tamatie/uiesmoor)
- Dag 4, 13, & 24 (Pasta & Tamatie/uiesmoor)
- Jy kan die tamatie en uie rou eet in i.p.v. om ‘n smoor te maak.
Suiker
- Natuurlike suikers word ingeneem deur vrugte.
- Geprosesseerde suiker is hoogs ongesond en is glad nie toelaatbaar op die plan nie.
- Versoeter word nie aanbeveel nie, maar persoonlike keuse is van toepassing.
Graankos
Hoeveel moet jy eet?
Jy kan jou bakkie vol eet, maar mag porsies aanpas volgens die aanbevole riglyne:
- FutureLife Smart Food: 4-5 Hoogvol eetlepels
- Weetbix/Nutrific: 2-3 Blokkies
- Hawermout (Oats): ½ – ¾ Koppie (rou)
- Graanvlokkies (All Bran,Corn Flakes, ens,): ¾ – 1 Koppie
Wat kan jy dit eet?
- Toelaatbaar: FutureLife, Weetbix, Corn Flakes, All Bran Flakes, All Bran High Fibre, Jungle Oats, Nutrific, Special K, Rice Crispies Pronutro
- Ontoelaatbaar: Muesli, Mieliemeel, Pap met vrugte, sjokolade/suiker bedekking, sowel as enige pap wat nie hierbo genoem word nie.
Waarmee kan jy dit eet?
- Graankos kan gemaak word met melk en/of water.
- Gebruik genoeg om jou pap te bedek (ongeveer 125ml melk).
Eiers
Hoeveel moet jy eet?
- Vroue eet volgens die hoeveelhede wat op die plan aangedui word.
- Mans en kinders eet dubbel porsies.
Hoe kan jy dit eet?
Droë Vrugte
Hoeveel moet jy eet?
- Die goue reël is “Jou Bakkie Vol”; dit is ongeveer 250g.
- Jy mag jou porsie verminder, maar mag nie minder as 80g per ete wees nie.
- Die gemiddelde persoon eet 90-125g per ete.
Wat mag jy eet?
- Toelaatbaar: Pruimedante, perskes, appels, appelkose, pere
- Ontoelaatbaar: Enige vrug nie hierbo genoem (bv. kokosneut, mango, piesang, ens.)
Hoe kan jy dit eet?
As jy gereed is om uiteindelik sukses te behaal met die 28 Dae Dieet
Klik op die skakel hieronder vir jou inleiding tot die 28 dae dieet E-boek