Porsies: Hoe om jou bakkie te meet

Vroue   |   Mans   |   Kinders

Hoe om jou Bakkie te Meet

Amper niks word geweeg op hierdie plan nie. Die goue reël as dit kom by porsies vir beide mans en vroue is, “Altyd Jou Bakkie Vol”.

  • Elke maaltyd (die hele maaltyd, gaar/voltooid) moet pas in ‘n bakkie waarvan die grootte afhang van jou geslag.
  • Onthou dat jou bakkie grootte bepaal word deur volume (hoeveel spasie beskikbaar is in die binnekant van die bakkie) en nie massa (hoeveel die bakkie weeg) nie.
  1. Meet die voorgeskrewe hoeveelheid vloeistof (gebaseer op die riglyne vir verskillende geslag) in ’n maatbeker.
  2. Vul ‘n poedingbak/plastiekbakkie met die vloeistof. Waar die vloeistof se rand stop is dan jou korrekte hoeveelheid waarin jou maaltyd moet pas.

Alternatiewelik kan jy ook ‘n 450ml (of watter grootte jy benodig) bakkie aanskaf om die meetproses te elimineer.

Vroue

Elke maaltyd vir vroue moet pas in ‘n bakkie van 450ml.

Vis, vleis en hoender moet die grootte en dikte van jou eie handpalm wees.

  • Indien jy later ondervind dat hierdie porsie te veel is, mag jy jou bakkie grootte stelselmatig verminder,  bv. 450ml  -> 400ml -> 350ml.
  • Vroue porsie mag nie minder as 350ml wees nie aangesien die liggaam dan in oorlewingsmodus gaan en begin om vet te stoor i.p.v. verbrand.

Mans

Elke maaltyd vir mans moet pas in ‘n bakkie van 600-700ml.

Vis, vleis en hoender bly steeds die grootte en dikte van jou eie handpalm.

  • Indien jy later ondervind dat hierdie porsie te veel is, mag jy jou bakkie grootte stelselmatig        verminder, bv. 700ml > 650ml > 600ml.
  • Mans porsie mag nie minder as 450ml wees nie.
  • Verder eet mans ook ‘n dubbelporsie van alles op die plan wat gekwantifiseer word, bv.:
    • Waar die plan 1 Aartappel noem, eet mans 2
    • Waar die plan 1 Vrug noem, eet mans 2
    • Waar die plan Groente noem, eet mans hul bakkie vol

Plan vir Kinders

  • Kinders eet dieselfde porsies as mans.
  • Kinders eet ook 2-3 peuselhappies tussen maaltye.

Die beste manier om die gewig van kinders onder 18 te beheer is deur ‘n pasgemaakte eetplan wat deur ‘n gesondheidspesialis opgestel is volgens die ouderdom, lengte, fisiese aktiwiteitsvlak en genetiese agtergrond van die kind.

  • Kinders benodig optimale nutriënte vir brein ontwikkeling.
  • Kinders benodig meer voedingstowwe en vitamines.
  • Kinders groei nog.

Indien kinders hierdie plan wil volg kan hulle hierdie voorgestelde aanpassing van Die 28 Dae Eetplan gebruik.

Peuselhappies (voorbeelde)

  • Provitas met Marmite en/of Kaas
  • Bruin brood en kaas
  • Tamaties en blaarslaai
  • Vrugte: appel & piesang OF appel & nartjie
  • Wortel- en komkommerstokkies
  • Appel & Cheddarkaas (in repe/blokkies gesny)

As jy gereed is om uiteindelik sukses te behaal met die 28 Dae Dieet

Klik op die skakel hieronder om meer te lees oor hoe jy by ons 28 Dae Dieetklub kan aansluit