Weeg, Meet, Etenstye en Ander Reëls
Weeg | Meet | Kroek | Etenstye
Weeg
Weerstaan die versoeking om elke dag te weeg.
Jy loop die risiko om teleurgestel en mismoedig te word as die skaal nie so vining beweeg as wat jy dink dit moet nie – en jy vergeet dan heeltemal van die sentimeters.
- Weeg op die vierdie dag, omdat jy dan al die resultate van die detoks fase sal kan sien. Weeg daarna slegs een keer per week.
- Vir die beste resultate, weeg soggens voor ontbyt – op dieselfde tyd en op dieselfde skaal.
- Die weegdae is as volg: Dag 1, 4, 11, 18, 25, 29
Meet
Dit is presies (of amper meer) so belangrik om jouself te meet as om jouself te weeg.
Gebruik jou gewigsverlieskaart om goed tred te hou van jou sentimeters.
Soms wys die skaal dat jy baie min of selfs geen gewig verloor het nie, maar as jy jouself meet sal jy vining agterkom dat jou sentimeters verminder het.
Die volgende faktore speel ‘n belangrike rol:
- Vetmassa weeg minder as spiermassa.
- As jy baie oortollige vet het, beteken selfs die geringste verlies op die skaal baie. Dis inderdaad beter om vetmassa as spiermassa te verloor.
- Neem kennis van hoe jou klere pas. As jou broeke/hemde begin los voel, is dit ook ‘n teken van gewigsverlies — selfs wanneer die skaal dit nie wys nie.
- Die Vet “Whoosh” effek lewer ook ‘n belangrike bydrae.
Kroek
Omdat jy hierdie plan vir JOUSELF doen, is dit slegs jy wat kan vasstel hoe getrou jy die plan kan/wil volg.
Vir die beste resultate is dit nie ‘n goeie idee om te kroek nie, maar die onderstaande riglyne kan gevolg word indien jy iets eet wat nie deel is van die plan nie:
- As jy kroek gedurende die detoks fase (dag 1 tot 7 van die plan), moet jy oor begin.
- As jy op enige ander dag kroek mag jy aangaan met die volgende maaltyd/dag.
- As jy per ongeluk etes/dae omruil, tel dit nie as kroek nie. Gaan aan met die plan.
Etenstye
Een van die sleutelkomponente van die sukses van die plan is genoegsame tyd (ongeveer 5 ure) tussen maaltye.
Hier volg die voorgestelde etenstyd plan:
- Ontbyt: 07h00 – 08h00 (nie later as 1 uur na jy wakker skrik nie)
- Middagete: 12h00 – 14h00
- Aandete: 18h00 – 20h00
As jy gereed is om uiteindelik sukses te behaal met die 28 Dae Dieet
Klik op die skakel hieronder vir jou inleiding tot die 28 dae dieet E-boek