Wat mag ek drink op Die Dae Eetplan?
Hoe meer jy weeg hoe meer water moet jy drink vir algemene gesondheid asook vir vetverbranding. Die minimum aanbeveling is 8-10 glase per dag.
Water is die enigste verpligte vloeistof op die plan. Al die ander vloeistowwe is opsioneel en moet binne die volgende riglyne gebruik word.
Watter drankies kan ek drink en hoeveel?
- Skoon water of suurlemoen water is toelaatbaar.
- Sodawater is toelaatbaar, maar nie aanbeveel nie a.g.v. die gas en addisionele natrium (sout). Tuisgemaakte sodawater is die beste opsie. Geen gegeurde sodawater word toegelaat.
- 2 Koppies tee OF koffie per dag.
- 5 Koppies groen tee per dag.
- Geen gegeurde/vrugte tee word toegelaat. Jy mag suurlemoen of kruie (bv. gemmer/kaneel) by jou tee voeg.
- Geen alkoholiese drankies.
- Melk by tee/koffie is toelaatbaar, maar geen suiker. Die gebruik van versoeter is ‘n persoonlike keuse.
- Komkommer (“Flat Tummy”) Water en Appel-Kaneel Water.
Hoeveel water moet ek drink?
8-10 Glase water per dag is die algemeen-bekende gemiddelde aantal glase water wat per dag aanbeveel word.
As jy ‘n spesifieke formule wil gebruik om jou daaglikse inname te bereken, sien gerus hierdie artikel.
Wat van alkohol?
- Alkohol is streng verbode op die plan aangesien dit teenstrydig tot gewigsverlies is.
- Alkohol dehidreer die liggaam en veroorsaak water retensie, wat dan veroorsaak dat jou gewig toeneem.
- Alkohol stimuleer jou eetlus.
- Alkohol plaas baie druk op die lewer en weerhou dit van die proses van vetverbranding.
- Alkohol bevat baie suiker en leë kalorieë.
As jy gereed is om uiteindelik sukses te behaal met die 28 Dae Dieet
Klik op die skakel hieronder vir jou inleiding tot die 28 dae dieet E-boek