Sanger Adele spog met nuwe lyf na asemrowende gewigsverlies

Adele het haar nuwe lyf vertoon terwyl sy saam met Harry Styles en James Corden in Anguilla op vakansie was.

Die 31-jarige het ‘n totale transformasie ondergaan en volgens berigte 50 pond (ongeveer 22kg) verloor.
Foto’s van die 31-jarige en haar vietse lyfie het vinnig op sosiale media gesirkuleer en oorweldigende lof van aanhangers ontvang.
Adele het ‘n ontspannende dag op die strand geniet terwyl sy in ‘n vleiende, kort swart rok in die sand gespeel het.

“Om geprosesseerde kosse, suiker en gaskoeldrank op te gee sal mense se liggame verander.”

Camila Goodis, persoonlike afrigter

The Sun berig dat Adele op die Sirtfood-dieet was, ‘n dieet wat fokus op kossoorte wat sekere proteïene wat metabolisme en inflammasie reguleer, in die liggaam verhoog .

“Adele het nie baie van oefening gehou nie, maar sy het haar leefstyl verander en ek glo dat 90 persent van haar transformasie toegeskryf kan word aan ‘n goeie dieet”, het Camila Goodis, persoonlike afrigter vir beroemdes in Hollywood, gesê.

“Om geprosesseerde kosse, suiker en gaskoeldrank op te gee sal mense se liggame verander”, voeg sy by.

Volgens ‘n bron naby aan Adele wil sy regtig gesond wees en ‘n goeie voorbeeld vir haar 7-jarige seun, Angelo, wees. Sy is meer ingestel daarop om goed te voel en op die gesondheidsvoordele as bloot net op die gewigsverlies.

Wat dink jy van Adele se transformasie? Hou jy van haar nuwe lyf of verkies jy hoe sy voorheen gelyk het? Vertel ons in die kommentare!

Maak voorbereiding Maklik, Moeiteloos en Vinnig.

Ervaar waarom soveel mense Eet & Geniet resepteboek as hul dieetvennoot kies.
Gesond eet was nog nooit só lekker nie!

Klik hier om meer te lees.

EETPLAN IDEES

Similar Posts

5 Comments

Leave a Reply to Eetplan Idees Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *