Opname van vordering op ‘n dieet: Is dit belangrik?
Wanneer jy ernstig is oor gewigsverlies en so baie moeite doen om by jou dieet te hou is jy dit aan jouself verskuldig om tien minute elke week te neem om jou vordering te meet en dit ‘n rekord daarvan te hou.
Voordele
- Om tred te hou van jou vordering sal jou help om die resultate te kry wat jy verdien. Dit kan die grootste onderskeid wees tussen jou sukses of mislukking op die plan.
- Om tred te hou van jou vordering is die enigste manier om te meet of jy jou doelwitte vir gewigsverlies op die plan bereik.
- Om tred te hou van jou vordering voorsien jou van objektiewe data wat jy kan gebruik om tendense te identifiseer en die nodige aanpassings te maak ingeval jou bus ietwat van koers af loop.
- Om tred te hou van jou vordering is die beste manier om jou gemotiveer te hou om die plan te voltooi aangesien die mens floreer met vooruitgang en die gevoel van konstante groei.
Hoe om te weeg en te meet
Daar is baie faktore wat dag-tot-dag gewig beïnvloed, onder meer hormone, medikasie, water retensie, soutinname en die Vet “Whoosh” effek.
Weeg
Vir die beste, mees akkurate resultate, weeg en meet jouself slegs een keer per week op die voorgestelde weeg dae.
Onthou om dit op dieselfde tyd en op dieselfde skaal te doen, aangesien nie alle skale dieselfde gekalibreer is nie.
Die ideale tyd om te weeg is met ‘n leë blaas voor ontbyt.
Meet
Behalwe dat die opname van liggaamsmetings ‘n beter aanduiding van vetverlies is, is dit ook ‘n maklike manier om jou vordering te meet aangesien geen spesiale gereedskap benodig word nie.
Onthou om styfpassende (of geen) klere te dra nie, en hou by hierdie keuse elke keer wanneer jy jouself meet. Maak dan so:
- Nek: Plaas die maatband rondom die breedste deel van jou nek.
- Arm: Meet rondom die grootste deel van elke arm bokant die elmboog.
- Bors: Meet reg rondom jou borskas, maar moenie die maatband te styf trek nie.
- Middel: Meet ongeveer 1cm bokant jou naeltjie of om die kleinste deel van jou middel.
- Heupe: Plaas die maatband rondom die grootste deel van jou heupe.
- Bobeen: Meet rondom die breedste deel van elke bobeen.
Gebruik die gewigsverlieskaart in die Beginnersgids of Joernaal om jou metings op te neem. Moenie vergeet om dit elke week te doen nie.
Rekordhouding
Nadat jy jou mates en gewig geneem het is die volgende stap om dit neer te skryf. Maak seker om jou rekords veilig te bewaar sodat jy elke keer jou nuwe mates kan byvoeg; en sodat jy uiteindelik kan terugkyk op jou reis nadat jy jou doelgewig bereik het.
Gewigsverlieskaart
Jou gewigsverlieskaart moet voorsiening maak vir jou gewig, al jou liggaamsmates, die datum en ‘n spasie waar totale verlies bereken en aangedui kan word.
Plaas dit teen jou yskas sodat jy ‘n visuele uitbeelding van jou gewig kan sien om jou gemotiveer te hou soos wat jy daagliks herinner word aan hoe die kilo’s val!
Foto’s
Sonder dat mens dit besef verander veral jou gesig dramaties wanneer jy gewig verloor. As jy elke week ‘n foto neem van jou gesig (en jou liggaam), kan jy ‘n fisiese aandenking van jou vordering sien.
Onthou om jou foto’s veilig te stoor. Jy kan ook jou suksesverhaal aan ons stuur vir publikasie op die webblad om jou herinneringe vir altyd vas te vang en ander te motiveer.
Joernaal
‘n Joernaal wat jou dieetreis dokumenteer kan ‘n nuttige hulpmiddel wees om gewigsverlies-sukses te behaal.
Om rekord te hou van jou insette en te ontleed wat werk en wat nie, is jou manier om jou eie verpersoonlike ondersteuningstelsel te skep.
Jou dagboek kan uit veel meer bestaan as net ‘n eenvoudige kosdagboek.
- Dit kan gedetailleerde inligting bevat oor jou oefenpogings, jou gevoelens en gedrag – en watokal jou selfbewustheid sal verhoog. Dit sal verseker dat jou entoesiasme, vasberadenheid en optimisme op ‘n konstante hoë vlak bly.
- Begin jou joernaal deur jou doelwitte met betrekking tot Die 28 Dae Eetplan neer te skryf, sowel as om te identifiseer hoekom jy hierdie dieet doen en wat jou motivering is.
- Sluit ook ‘n daaglikse aanhaling van ‘n motiverende gesegde in. Dit vorm die inspirasie om voort te gaan met jou dieet.
- Spreek jou oortuiging uit dat jy verdien om ‘n gesonder persoon te word. Komplimenteer jouself vir jou volgehoue pogings.
- Vergewe jouself vir geleenthede wanneer jy moedeloos raak en jou vasberadenheid verloor.
Om jouself op hierdie manier lief te hê en te bemoedig sal jou selfbeeld ongeskonde hou en jou toewding tot jou dieet versterk.
Indien jy nie tyd het om jou eie joernaal saam te stel nie, kan jy gebruik maak van Die 28 Dae Eetplan Joernaal wat reeds al die bogenoemde plus veel meer insluit.