Gereelde vrae
Kan ek die Beginnersgids alleen koop?
Die Beginnersgids is slegs binne twee kombo’s beskikbaar, naamlik die Beginnerspak en die Alles in Een Kombo.
Hoe kan ek gratis aflewering ontvang?
As jy die Beginnerspak of Alles in Een Kombo op hul eie bestel, kry jy gratis aflewering.
Kan ek dit by my posadres ontvang ?
Ons koeriers bring dit tot by jou deur, ongeag of jy dit by jou huis, werk, buurman of familielid se huis laat aflewer.
Hoe lank neeem aflewering ?
Koerier aflewering is beskikbaar en neem ongeveer 4 dae. Vertragings van 1-2 dae mag plaasvind a.g.v. die nasionale inperking.
Hoe betaal ek ?
Jy kan met jou kredietkaart betaal of per EFT op enige een van die veilige betalingsportale. As jy sukkel met betaling, kontak ons gerus per epos.
Mag diabete die plan volg?
Daar is baie diabete wat die plan suksesvol volg, maar dit is belangrik om die nodige vernsaperinge tussen maaltye in te werk.Â
Enige persoon wat hierdie eetplan aandurf, veral diegene wat op chroniese medikasie is en/of onderliggende mediese toestande het, moet die plan eers met hul dokter bespreek om die nodige goedkeuring te ontvang.
Lewer julle buite S.A. af?
Aflewering is tans slegs beskikbaar in SA.
Hoe verskil die Beginnersgids van die Resepteboek?
Die doel van die Beginnersgids is om die dieet in fisiese vorm saam te stel – met 20 resepte as ‘n bonus.Â
Die doel van die Resepteboek is om jou te help met 200 resepte om jou kos lekker te maak – met ‘n opsomming van die plan as ‘n bonus.