Is Die 28 Dae Eetplan Vir Jou? Al jou vrae beantwoord
As jy hierdie artikel lees is die kanse groot dat jy reeds van Die 28 Dae Eetplan gehoor het en/of gelees het oor die asemrowende sukses van die plan. Jy wil weet hoe om vinnig gewig te verloor, maar is hierdie plan vir jou?
Wat is Die 28 Dae Eetplan?
Die 28 Dae Eetplan is ‘n praktiese gewigsverlies program wat spesifiek en hoofsaaklik bedoel is om persone te help om gewig te verloor.
Die plan berus op ‘n eenvoudige beginsel: Eet gesond en verloor gewig. Niks wonderneute, dieetkoffies, “slimming teas”, dieetpille of –inspuitings nie.
Hoe werk dit?
Die eetplan bestaan uit ‘n voorafbepaalde spyskaart vir 3 maaltye ‘n dag, vir 28 dae.
Jy kan op enige dag begin (nie noodwendig die 1ste dag van die maand, of ‘n Maandag nie), solank jy die plan van Dag 1 tot 28 in die korrekte volgorde volg.
Wat eet jy op Die 28 Dae Eetplan?
Die plan bestaan uit al die kossoorte wat ons oor die algemeen in ons kombuise aanhou – niks vreemd of uitheems nie.
‘n Groot klem word geplaas op die inname van gesonde vrugte en groente.
Is Die 28 Dae Eetplan ‘n “low-carb” dieet?
Die 28 Dae Eetplan is uniek en nie heeltemal dieselfde as die tipiese lae-koolhidrate diete soos keto dieet, Banting of Atkins nie.
Een van die gevare van hierdie ekstreme vorme van “low-carb” dieet is sodra jy jou doelgewig bereik en weer stysel begin eet, jou liggaam vinnig sy koolhidrate reserwes opbou en al die gewig dan weer terugkeer.
Hoewel koolhidrate / stysel in matigheid beperk word, word dit nie bloot uitgelaat op Die 28 Dae Dieet Plan nie. Stysel, saam met vette en proteïne, vorm een van die drie makro-nutriënte wat die menslike liggaam benodig vir optimale funksionering.
Die beperkinge op stysel word tipies uitgeoefen deur:
- die keuses van vrugte en groente wat toegelaat en/of beperk word
- die tydsomloop tussen die verskillende kere waar stysel op die spyskaart voorkom
Mag diabete Die 28 Dae Eetplan volg?
Die kort antwoord is ja.
Die langer antwoord is dat dit egter nie so eenvoudig is nie. Eerstens omdat diabetes ‘n baie diverse siekte is, en die twee tipes diabetes gesien kan word as teenoorstaande pole van dieselfde siekte.
Dit is dus belangrik vir diabete om hierdie plan in noue verbintenis met hul primêre gesondheidspraktisyn te volg, sodat hy/sy gereelde bloedsuikerlesings kan neem en die nodige peuselhappies tussen maaltye in te werk.
Wat van mense met hipertensie / hoë bloeddruk?

Die goeie nuus is dat Die 28 Dae Eetplan ‘n uitstekende manier is om hoë bloeddruk (en water retensie wat daarmee gepaard gaan) te verlaag. Die belangrikste om te onthou vir alle bloeddruklyers is om nie die rol van hul medikasie te vergeet nie. Jou medikasie hou nie op werk wanneer jy op Die 28 Dae Eetplan is nie. Dit veroorsaak dan ‘n dubbel-verlagende effek, wat jou moontlik dan kan oorskakel na die lae-bloeddruk spektrum.
Mense wat op chroniese hoë bloeddruk medikasie is moet onthou om gereelde bloeddruklesings te neem. Hou tred van daaglikse lesings en gee dit deur aan jou dokter.
Hy/sy sal vasstel of en hoeveel jou dosis aangepas moet word.
As jy gelukkig is, en die beginsels van die plan voortleef selfs wanneer jy jou gewig handhaaf, kan jou dokter selfs besluit dat dit glad nie meer nodig is vir jou om bloeddruk medikasie te neem nie.
Hoe kan jy die meeste sukses op Die 28 Dae Dieet behaal?
Die grootste fout wat mense maak is om die plan af te laai en dan net te begin. Hoewel dit goed is om te begin sodra jy gemotiveer voel om te begin, is beplanning van kardinale belang om te verseker dat jy suksesvol sal wees.
- Kry Jou Kop Reg
Identifiseer, verstaan en glo in jou “hoekom”. Besluit op ‘n rede, of ‘n paar redes, waarom jy die eetplan volg. Skryf dit neer en plak dit teen jou spieël of maak ‘n notatjie op jou selfoon waarna jy gereeld kan loer. Gebruik ‘n joernaal om jou gevoelens en gedagtes neer te skry
2. Kikker Jou Spyskaart Op
Die 28 Dae Dieet bied so baie vryheid in terme van voorbereiding dat dit regtig nie nodig is om vervelige gestoomde hoender en vaal groente te eet nie! Gebruik verskillende speserye (in matigheid) om die smake te verander, braai jou maaltye in die oond in plaas van om dit te stoom in ‘n pot of maak ‘n smoothie van die bestanddele in plaas daarvan om dit net so te eet.
Gebruik jou resepteboek vir inspirasie om met jou eie kombinasies te eksperimenteer.
3. Beplanning
Die meeste van ons se lewens is so besig en gejaagd. Die laaste ding wat jy nodig het is om onsuksesvol te wees op die eetplan omdat jy nie genoeg tyd het om jou etes voor te berei nie. Beplan jou maaltye ‘n week vooruit. Skyf dit neer. Berei jou maaltye die aand voor die tyd voor en maak seker dat jy dit die volgende dag inpak werk toe
4. Beloon Jouself
Daar is baie maniere om jouself te beloon wat nie kos betref nie. Stel korttermyn doelwitte vir jouself, beeld jou vordering visueel uit en beloon jouself wanneer jy jou doelwitte bereik. Dit doen wondere vir die gestel om suksesse en vooruitgang te vier; selfs die kleintjies!
5. Ondersteuning
Dit is belangrik dat jy die regte ondersteuning het om gemotiveer te bly. Vertel jou familie of huismaats dat jy op die plan is en hoe dit werk. Verduidelik vir hulle wat jou motivering is en wat jy met die eetplan wil bereik. Omring jouself met mense wat ook die eetplan volg of wat dit gevolg het.
Hoe begin jy?
Kennis is mag. Die beste manier om te begin is om jouself te bemagtig met soveel kennis oor die plan as moontlik.

Kyk na die plan en riglyne. Maak seker jy kry die plan by ‘n betroubare bron (soek altyd vir die Eetplan Idees logo). Die spyskaart is beskikbaar hier op die webblad.
Word vertroud met die riglyne van die plan. Lees dit goed deur en maak seker dat jy ‘n goeie begrip van die moets en moenies.
As jy onseker is oor hoe om te begin, of bang is jy maak ‘n fout, of bloot nie genoeg tyd het om deur al die inligting te werk nie; kry gerus jou PDF-aflaaibare maaltydplan met resepte en bypassende inkopielys.
Kry die beste voorsprong. Vir die beste kans tot sukses, kry jou Alles-in-Een Kombo. Ons het dit spesifiek saamgestel sodat jy ondersteuning in AL die verskillende afdelings kry:
• Resepteboek met 200 resepte om elke ete smaaklik te maak
• Beginnersgids: Fisiese weergawe van die plan met al die wenke, reels, inkopielys en gewigsverlieskaart (PLUS 20 bonus resepte!)
• Sleutelring: Maak seker jy weet ten alle tye wat volgende op die spyskaart is
• A3 Yskaskaart: Volg jou vordering en vul jou gewigslesings op elke weegdag in. Die kaart is herbruikbaar vir elke nuwe rondte.
• Joernaal: Daaglikse motivering, refleksie en 252 maaltyd idees vir 3 volle rondtes
Gratis aflewering regoor Suid-Afrika is beskikbaar en neem slegs 4 dae.
Read this article in English