Ek het my doelgewig behaal: Wat nou?

Share on facebook
Share on twitter
Share on whatsapp

Dit is belangrik om te onthou dat elkeen se doelgewig verskil. Vir sommige persone beteken doelgewig “Ek wil goed voel oor myself”, vir ander beteken dit “Ek wil nie meer op kroniese medikasie wees nie”. Iemand anders beskou dalk doelgewig as “Ek wil weer weeg wat ek geweeg het voor my swangerskap” of “Ek wil goed lyk in die nuutste modes”.

Liggaamsmassa-Indeks (LMI)

LMI assesseer hoe normaal ‘n persoon se liggaamsgewig is gebaseer op die verwagting vir daardie persoon se lengte.

Volgens die aanbevelings van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is ‘n gesonde LMI tussen 18.5 en 25.

Die formule om LMI te bereken is as volg:

LMI = Gewig in kg / Lengte in m2

Wat is die beste manier om my doelgewig te bereik?

Jy kan die 28 dae herhaal vir soveel keer as wat nodig is om jou doelgewig te bereik. Jy kan ‘n breuk neem tussen rondtes, of jy kan die rondtes agtereenvolgend voltooi.

Watokal jou “doelgewig” is, dit is nie noodsaaklik dat jy dit volgens wetenskaplike metodes hoef te bepaal nie.

Dokters, dieetkundiges en navorsers beaam een boodskap: Die beste manier om gewig te verloor en jou doelgewig te bereik is om ‘n gesonde dieet te volg – geen pille, “shakes” of spesiale medikasie en toerusting word benodig nie.

Hoe handhaaf ek my doelgewig?

Hier volg ‘n paar riglyne om te gebruik wanneer jy wil stabiliseer nadat jy jou doelgewig bereik het.

As jy na die eetplan gaan terugkeer na hoe jy voorheen geëet het, gaan jy ongelukkig weer terugkeer na hoe jy voorheen was.

Die doel van hierdie eetplan is om jou eetgewoontes op ‘n permanente manier te verander sodat jy nie weer terugval na jou slegte eetgewoontes wat tot jou oorgewigdheid bygedra het nie.

Die 28 Dae Eetplan Resepteboek App

This Post Has 2 Comments

  1. Gerrie Burger

    Thank you for this great guide

    1. Eetplan Idees

      You’re welcome! You can also read this in English if you prefer 🙂

Leave a Reply