Plaasvervangers

Die plan werk die beste as dit gevolg word soos dit is. Plaasvervangers is beskikbaar vir diegene wie, weens mediese redes, nie spesifieke items op die plan kan eet nie.
Indien jy nie van iets hou nie, onthou jou hoekom, maak jou oë toe en sluk!
Item op die plan | Plaasvervanger |
|---|---|
Aartappel | Patat |
Droë Vrugte | 2-3 Appels gestoom met kaneel |
Eiers | Die hoofdoel van eiers op die plan is die verkryging van proteïne . Vervang met tofu (dikmelk gemaak deur die fermentasie van soja melk) – te koop by Woolworths of ander gesondheidswinkels |
Graan (Brood, ontbytgraan, | Gluten-vrye brood, pap en pasta |
Hoender | Vis |
Joghurt | Laktose-vrye of soja joghurt |
Kaas | Bokkaas (bevat baie lae vlakke van laktose) of soja kaas |
Komkommer | Seldery |
Marmite | Bovril |
Melk | Soja melk, Amandelmelk, Klappermelk |
Provitas | Crackerbread |
Sampioene | Eiervrug |
Tamaties | Rooi soetrissie |
Vegetariërs | Die plan is vegetariër-vriendelik. Vervang vis, vleis en hoender met jou keuse van: Groente “patties”, Soja “patties”, Lensie “patties” (die enigste tyd wanneer lensies toelaatbaar is op die plan) |
Vis | Hoender |
Wortels | Botterskorsie |

Maak voorbereiding Maklik, Moeiteloos en Vinnig.
Ervaar waarom soveel mense Eet & Geniet resepteboek as hul dieetvennoot kies.
Gesond eet was nog nooit só lekker nie!
Klik hier om meer te lees.
EETPLAN IDEES






