Die veelsydigheid van avokadopeer

Die veelsydigheid van avokadopeer

Ryk, romerig en geurig. Dit is hoe ons die veelsydige superkos avodopeer beskryf. Avokadopeer is baie hoog in omega 3 vetsure, die goeie tipe vet wat ons liggame benodig om optimaal te funksioneer.

Avokadopeer het ‘n hoër persentasie van proteïene as ander vrugte en ‘n relatief lae suikerinhoud. Vitamien B, vitamien K, vesel, magnesium, fosfor, yster en kalium is die addisionele voedingstowwe wat dit bevat.

Guacamole is ‘n smeer/dip/puree met ‘n avokado basis. Dit het ontstaan in Meksiko, maar word vandag op baie verskillende maniere regoor die wêreld geniet.

Hier is ‘n paar gesondheidsvoordele wat avokadopere inhou:

  • Help om slegte cholesterol vlakke te verminder en die risiko van hartsiektes te verlaag
  • Anti-inflammatories
  • Vermeerder goeie cholesterol vlakke
  • Reguleer bloeddruk
  • Reguleer bloedsuiker
  • Verlaag die risiko van katarakte
  • Verhoed geboorte defekte soos spina bifida
  • Bevorder goeie spysvertering
  • Bevorder gesonde en glansende vel

Op die 28 dae dieet word avokadopeer gebruik as ‘n groente. ‘n Halwe avokadopeer mag in ‘n slaai geëet word, ‘n hele avokadopeer mag as een porsie groente geëet word en avokadopere word beperk tot maksimum twee per week.

Guacamole is ‘n smeer/dip/puree met ‘n avokado basis. Dit het ontstaan in Meksiko, maar word vandag op baie verskillende maniere regoor die wêreld geniet. Ons deel graag hierdie eenvoudige guacamole resep, waarna ons idees lys oor hoe om dit op die eetplan te implementeer.

EENVOUDIGE GUACAMOLE

Bestanddele
1 Avokadopeer
1 Knoffelhuisie
Sap van ‘n ½ lemmetjie
¼ Gekapte ui
Sout na smaak
Vars koljander

Metode

  1. Kap die knoffel fyn en bedek met sout. Laat staan vir ‘n paar minute en druk fyn.
  2. Meng avokadopeer, knoffel, ui en lemmetjiesap na jou gekose tekstuur.
  3. Garneer met gekapte koljander en geniet.

MANIERE OM GUACAMOLE OP DIE 28 DAE EETPLAN TE GEBRUIK

Hoender en Groente
Sny jou rou hoenderborsie oop en vul met guacamole. Geur die hoender met speserye en braai in die oond tot goudbruin en gaar.

1 Aartappel en 1 Groente
Maak kapokaartappels met jou aartappel, druk dit fyn en kook dit in ‘n wafelpan tot bruin. Skep guacamole bo-op die aartappel wafel en bedien.

Vis en Groente
Braai jou porsie snoek/salm in die pan en bedien met guacamole.

1 Groente
Geniet guacamole op sy eie as ‘n maaltyd

Tuna Slaai
Halveer die porsie en gebruik in plaas van Weigh Less slaaisous

Eet & Geniet resepteboek bevat ‘n hele aantal resepte waar guacamole spesifiek, en avokadopeer oor die algemeen, gebruik word om maaltye op te kikker.

Leave a Reply

avatar
  Subscribe  
Notify of
error: Content is protected !!
×

Cart