DIE 28 DAE EETPLAN

Voedselsoorte   |   Porsies   |   Kinders 

LYS VAN VOEDSELSOORTE

Melk   |   Hoender   |   Vis   |   Rooivleis   |   Brood   |    Sop   |   Vrugte   |   Groente   |   Droë Vrugte   |   Joghurt   |   Kaas   |   Pasta   |   Geurmiddels   |   Drankies

Pap

ToelaatbaarEnige graankos (“cereal”) en hawermout (“oats”) bv. Weetbix (2-3), Corn Flakes, Jungle Oats, All Bran Flakes, Special K

OntoelaatbaarPap met vrugte, muesli, pap met sjokolade/suiker bedekking

Melk

Net genoeg om jou pak toe te maak, en jou koffie/tee te maak

Toelaatbaar2% Melk, Vetvrye melk
OntoelaatbaarVolroom melk
Laktose Allergie: Plantgebaseerde melk bv. Amandelmelk, Klappermelk, Soja melk

Hoender

Porsie: Grootte en dikte van jou eie handpalm (vir mans en vroue)

ToelaatbaarBorsstukke word aanbeveel, maar ander stukke toelaatbaar
OntoelaatbaarVel, deeg, krummels

Vis

Porsie: Grootte en dikte van jou eie handpalm (vir mans en vroue)

ToelaatbaarStokvis word aanbeveel, enige vis met grate is toelaatbaar
OntoelaatbaarSeekos, deeg, krummels

Rooivleis

Porsie: Grootte en dikte van jou eie handpalm (vir mans en vroue), vet afgesny

ToelaatbaarBeesvleis, skaapvleis, steak, maalvleis (ekstra maer), volstruis, wildsvleis
OntoelaatbaarVarkvleis, organe, marinade

Brood

ToelaatbaarEnige wit, bruin of volgraan brood
OntoelaatbaarBrood met vrugte, joghurt, stroop of sade

Toegewing: 2 Snye “Albany Ultima Kilojoule Controlled Brown Bread” mag geëet word waar die dieet 1 sny noem

  • Brood moet altyd gerooster word

Sop

ToelaatbaarCup a Soup LITE (enige geur), Tuisgemaakte dun sop
OntoelaatbaarVerbode groente, room, verdukkers, poeiers

Vrugte

ToelaatbaarAlle vrugte, met die

volgende beperkinge:

  • Piesang – 1 per ete, 2 per dag, 4 per week

  • Druiwe – 10 tot 15 korrels

  • Lichi’s – 10

  • Aarbeie – 5 Klein OF 3 groot

Groente

Toelaatbaar: Alle groente, met die

volgende beperkinge:

  • Aartappel slegs wanneer dieet dit noem
  • Avokadopeer – 1 as groentesoort, ½ in slaai, 2 per week

Ontoelaatbaar: Mielies, ertjies, patats, peulgroente (behalwe groenbone)

Droë Vrugte

ToelaatbaarPruime, perskes, appels, appelkose, pere
Alternatief: 2 Appels gestoom met kaneel

Joghurt

Porsie: 175ml per ete

ToelaatbaarEnige lae vet joghurt
OntoelaatbaarVolroom, dubbelroom

Kaas

Porsie: Net genoeg om jou brood/Provita te bedek

ToelaatbaarWit kaas bv. Wit cheddar, Edam, Tussers, Mozzarella
OntoelaatbaarSagte kase, feta kaas

Pasta

Porsie: ½ Van jou EIE bakkie rou pasta
Ontoelaatbaar2Min Noodles

Geurmiddels

Toelaatbaar:

  • Alle vars of gedroogte speserye en kruie
  • Spray n Cook (enige geur)
  • Weigh Less slaaisous slegs saam met tunaslaai
  • Suurlemoensap, Balsamiese asyn, Worcestershire & Tabasco

Ontoelaatbaar: Olie, vet, botter, suiker, smeer

Drankies

Daaglikse maksimum: 2k Koffie/Tee en 5k Groentee

ToelaatbaarKoffie, tee (melk toelaatbaar, geen suiker), Flat Tummy water, Apple Cinnamon water, Ongegeurde minerale water, Gewone kraanwater
OntoelaatbaarKoeldrank, sap, gegeurde water, alkohol, suiker saam met koffie/tee

PORSIES

Vroue   |   Mans

Hoe om jou Bakkie te Meet

Amper niks word geweeg op hierdie plan nie. Die goue reël as dit kom by porsies vir beide mans en vroue is, “Altyd Jou Bakkie Vol”.

  • Elke maaltyd (die hele maaltyd, gaar/voltooid) moet pas in ‘n bakkie waarvan die grootte afhang van jou geslag.

  • Onthou dat jou bakkie grootte bepaal word deur volume (hoeveel spasie beskikbaar is in die binnekant van die bakkie) en nie massa (hoeveel die bakkie weeg) nie.

  1. Meet die voorgeskrewe hoeveelheid vloeistof (gebaseer op die riglyne vir verskillende geslag) in ’n maatbeker.

  2. Vul ‘n poedingbak/plastiekbakkie met die vloeistof. Waar die vloeistof se rand stop is dan jou korrekte hoeveelheid waarin jou maaltyd moet pas.

Alternatiewelik kan jy ook ‘n 450ml (of watter grootte jy benodig) bakkie aan-skaf om die meetproses te elimineer.

Vroue

Elke maaltyd vir vroue moet pas in ‘n bakkie van 450ml.

Vis, vleis en hoender moet die grootte en dikte van jou eie handpalm wees.

  • Indien jy later ondervind dat hierdie porsie te veel is, mag jy jou bakkie grootte stelselmatig verminder,  bv. 450ml  -> 400ml -> 350ml.

  • Vroue porsie mag nie minder as 350ml wees nie aangesien die liggaam dan in oorlewingsmodus gaan en begin om vet te stoor i.p.v. verbrand.

Mans

Elke maaltyd vir mans moet pas in ‘n bakkie van 600-700ml.

Vis, vleis en hoender bly steeds die grootte en dikte van jou eie handpalm.

  • Indien jy later ondervind dat hierdie porsie te veel is, mag jy jou bakkie grootte stelselmatig        verminder, bv. 700ml à 650ml à 600ml.

  • Mans porsie mag nie minder as 450ml wees nie.

  • Verder eet mans ook ‘n dubbelporsie van alles op die plan wat gekwantifiseer word, bv.:

    • Waar die plan 1 Aartappel noem, eet mans 2

    • Waar die plan 1 Vrug noem, eet mans 2

    • Waar die plan Groente noem, eet mans hul bakkie vol

KINDERS

Plan vir Kinders

  • Kinders eet dieselfde porsies as mans.

  • Kinders eet ook 2-3 peuselhappies tussen maaltye.

Die beste manier om die gewig van kinders onder 18 te beheer is deur ‘n pasgemaakte eetplan wat deur ‘n gesondheidspesialis opgestel is volgens die ouderdom, lengte, fisiese aktiwiteitsvlak en genetiese agtergrond van die kind.

  • Kinders benodig optimale nutriënte vir brein ontwikkeling.

  • Kinders benodig meer voedingstowwe en vitamines.

  • Kinders groei nog.

Indien kinders hierdie plan wil volg kan hulle hierdie voorgestelde aanpassing van Die 28 Dae Eetplan gebruik.

Peuselhappies (voorbeelde)

  • Provitas met Marmite en/of Kaas

  • Bruin brood en kaas

  • Tamaties en blaarslaai

  • Vrugte: appel & piesang OF appel & nartjie

  • Wortel- en komkommerstokkies

  • Appel & Cheddarkaas (in repe/blokkies gesny)

Ontvang wenke, nuus en ontwikkelinge rakende die Eetplan via e-pos.

error: Content is protected !!
×

Cart