Die 28 Dae Eetplan

Die 28 Dae Eetplan Spyskaart
Dag 1
Ontbyt: Graankos & 2% Melk
Middagete: Hoender & 1 Groente
Aandete: Sop, 1 Roosterbrood & Kaas
Dag 2
Ontbyt: Droë Vrugte
Middagete: Vis, Slaai/Groente
Aandete: 2 Eiers, Tamaties & Uie
Dag 3
Ontbyt: Jogurt & 1 Vrug
Middagete: 1 Aartappel & 1 Groente
Aandete: 3 Vrugte
Dag 4
Ontbyt: Graankos & 2% Melk
Middagete: Pasta & Tamaties en Uie
Aandete: 6 Provitas, Kaas & 1 Vrug
Dag 5
Ontbyt: Jogurt & 1 Vrug
Middagete: Vis & Slaai/Groente
Aandete: 1 Groente
Dag 6
Ontbyt: Droë Vrugte
Middagete: 1 Aartappel & 1 Groente
Aandete: Sop, 1 Roosterbrood & Marmite
Dag 7
Ontbyt: Graankos & 2% Melk
Middagete: Hoender & Slaai/Groente
Aandete: 2 Eiers, Tamaties & 1 Roosterbrood
Dag 8
Ontbyt: Jogurt & 1 Vrug
Middagete: Tuna-slaai
Aandete: 3 Vrugte
Dag 9
Ontbyt: Graankos & 2% Melk
Middagete: 1 Aartappel & 1 Groente
Aandete: 2 Eiers & 1 Roosterbrood
Dag 10
Ontbyt: Graankos & 2% Melk
Middagete: Sop, 4 Provitas & Kaas
Aandete: 1 Groente
Dag 11
Ontbyt: Jogurt & 1 Vrug
Middagete: Vis & Slaai/Groente
Aandete: 3 Vrugte
Dag 12
Ontbyt: Droë Vrugte
Middagete: Vrugteslaai
Aandete: Rooi vleis & Groente
Dag 13
Ontbyt: Graankos & 2% Melk
Middagete: 1 Groente
Aandete: Pasta & Tamaties en Uie
Dag 14
Ontbyt: Droë Vrugte
Middagete: Hoender & Slaai/Groente
Aandete: Jogurt & 2 Vrugte
Dag 15
Ontbyt: 1 Roosterbrood & Tamatie
Middagete: Komkommer & Wortels
Aandete: Sop, 1 Roosterbrood & Kaas
Dag 16
Ontbyt: Graankos & 2% Melk
Middagete: Tuna-slaai
Aandete: Vrugteslaai
Dag 17
Ontbyt: Droë Vrugte
Middagete: 1 Aartappel & 1 Groente
Aandete: Sop, 1 Roosterbrood & Kaas
Dag 18
Ontbyt: 1 Roosterbrood & Tamatie
Middagete: 2 Eiers & Sampioene
Aandete: Vrugteslaai
Dag 19
Ontbyt: Graankos & 2% Melk
Middagete: Hoender & Slaai/Groente
Aandete: 1 Roosterbrood, Kaas & 1 Vrug
Dag 20
Ontbyt: Droë Vrugte
Middagete: 2 Eiers & Sampioene
Aandete: Vrugteslaai
Dag 21
Ontbyt: Jogurt & 1 Vrug
Middagete: Rooi vleis & Groente
Aandete: 6 Provitas, Kaas & 1 Vrug
Dag 22
Ontbyt: Vrugte
Middagete: Vrugteslaai & Jogurt
Aandete: Vrugte
Dag 23
Ontbyt: Graankos & 2% Melk
Middagete: Hoender & Slaai/Groente
Aandete: Sampioene & Blaarslaai
Dag 24
Ontbyt: 1 Roosterbrood, 1 Eier & Tamaties
Middagete: Pasta & Tamaties en Uie
Aandete: Sop, 1 Roosterbrood & Marmite
Dag 25
Ontbyt: Droë Vrugte
Middagete: Groente
Aandete: 3 Vrugte
Dag 26
Ontbyt: Jogurt & 1 Vrug
Middagete: Vis & Slaai/Groente
Aandete: 1 Groente
Dag 27
Ontbyt: Droë Vrugte
Middagete: 1 Aartappel & 1 Groente
Aandete: Sop, 1 Roosterbrood & Marmite
Dag 28
Ontbyt: Graankos & 2% Melk
Middagete: Hoender & Slaai/Groente
Aandete: 2 Eiers, Tamaties & 1 Roosterbrood
Basiese Riglyne
ETENSTYE
Dit word aanbeveel om 5 ure tussen maaltye te laat.
Ontbyt: 07h00 – 08h00 (nie later as 1 uur na jy wakker skrik nie)
Middagete: 12h00 – 14h00
Aandete: 18h00 – 20h00
ALGEMEEN
Drink baie water (8-10 glase per dag)
Geen peusel of tussen happies word toegelaat nie
Moenie maaltye omruil nie
Moenie kroek of bestanddele uitlaat/vervang nie
VROUE PORSIE
Elke maaltyd (die hele maaltyd) moet pas in ‘n bakkie van 450ml
MANS PORSIE
Mans eet dubbel waar die plan items kwantifiseer, bv.
2 Aartappels, 4 Eiers, 2 Snye Brood ens. Elke maaltyd (die hele maaltyd) moet pas in ‘n bakkie van 600-700ml
PAP
Toelaatbaar: FutureLife, Weetbix, Corn Flakes, All Bran Flakes, All Bran High Fibre, Jungle Oats, Nutrific, Special K, Rice Krispies, Pronutro
Ontoelaatbaar: Muesli, pap met vrugte, pap met sjokolade/suiker bedekking
MELK
Net genoeg om jou pap toe te maak, en jou koffie/tee te maak
Toelaatbaar: 2% Melk, Vetvrye melk, Klappermelk, Amandelmelk, Soja Melk
Ontoelaatbaar: Volroom melk
HOENDER
Porsie: Grootte en dikte van jou eie handpalm (vir mans en vroue)
Toelaatbaar: Borsstukke word aanbeveel, altyd sonder vel
Ontoelaatbaar: Vel, deeg, krummels, lewertjies
VIS
Porsie: Grootte en dikte van jou eie handpalm (vir mans en vroue)
Toelaatbaar: Salm, snoek en ander vis met grate; stokvis word aanbeveel
Ontoelaatbaar: Seekos, deeg, krummels
ROOIVLEIS
Porsie: Grootte en dikte van jou eie handpalm (vir mans en vroue), vet afgesny
Toelaatbaar: Beesvleis, skaapvleis, steak, maalvleis (ekstra maer), volstruis, wildsvleis
Ontoelaatbaar: Varkvleis, organe, marinade
ROOSTERBROOD
Toelaatbaar: Enige wit, bruin of volgraan brood
Ontoelaatbaar: Brood met vrugte, joghurt, stroop of sade
2 Snye “Albany Ultima Kilojoule Controlled” brood mag geëet word waar die dieet 1 sny noem Brood moet altyd gerooster word
SOP
Toelaatbaar: Tuisgemaakte dun sop, Cup a Soup LITE (enige geur)
Ontoelaatbaar: Verbode groente, room, verdikkers, poeiers
VRUGTE
Toelaatbaar: Alle vrugte, met die volgende beperkinge:
Piesang – 1 per ete, 2 per dag, 4 per week
Druiwe – 10 tot 15 korrels
Lietsjies – 10
Aarbeie – 5 Klein OF 3 groot
GROENTE
Toelaatbaar: Alle groente, met die volgende beperkinge:
Aartappel slegs wanneer dieet dit noem
Avokadopeer – 1 as groentesoort, 1⁄2 in slaai, 2 per week
Ontoelaatbaar: Mielies, ertjies, peulgroente (behalwe groenbone), patats (behalwe as plaasvervanger vir aartappel)
DROË VRUGTE
Toelaatbaar: Pruimedante, perskes, appels, appelkose, pere
Alternatief: 2 Appels gestoom met kaneel
JOGHURT
Porsie: 175ml per ete
Toelaatbaar: Enige lae vet joghurt
Ontoelaatbaar: Volroom, dubbelroom
KAAS
Porsie: Net genoeg om jou brood/Provita te bedek
Toelaatbaar: Wit kaas bv. Wit cheddar, Edam, Tussers, Mozzarella
Ontoelaatbaar: Sagte kase, feta kaas
PASTA
Porsie: 1⁄2 Van jou EIE bakkie rou pasta
Ontoelaatbaar: 2Min Noodles
GEURMIDDELS
Toelaatbaar: Alle vars of gedroogte speserye en kruie
Spray & Cook (enige geur)
Weigh Less slaaisous slegs saam met tunaslaai
Suurlemoensap, Balsamiese asyn, Worcestershire & Tabasco
Ontoelaatbaar: Olie, vet, botter, suiker, smeer
Daaglikse maksimum: 2k Koffie/Tee en 5k Groentee
DRANKIES
Toelaatbaar: Koffie, tee (melk toelaatbaar, geen suiker), Flat Tummy water, Appel-Kaneel water, Ongegeurde minerale water, Gewone kraanwater
Ontoelaatbaar: Koeldrank, sap, gegeurde water, alkohol, suiker saam met koffie/tee

Maak voorbereiding Maklik, Moeiteloos en Vinnig.
Ervaar waarom soveel mense Eet & Geniet resepteboek as hul dieetvennoot kies.
Gesond eet was nog nooit só lekker nie!
Klik hier om meer te lees.
EETPLAN IDEES
