Wat is pietersielie tee?    |    Resep    |    Voordele    |    Nadele    |    Slot

Pietersielie is ‘n krui met ‘n baie hoë voedingswaarde. Dit is propvol vitamiene A, C en K, die minerale magnesium, kalium en kalsium, sowel as chlorofil en foliensuur.
Daar is baie voordele verbonde aan die inname van pietersielie tee, veral vir die vitamien-inhoud en die feit dat dit ‘n goeie algehele ontgiftingsmiddel vir die hele liggaam kan wees.

 

Wat is pietersielie tee?

Camellia sinensis (of tee plant) word gebruik om die meeste tradisionele kafeïneerde tee, insluitend swart tee, oolong tee en groen tee, te maak.

Pietersielie tee is ‘n kruietee, wat beteken dat dit nie van die blare van die tee plant gemaak word nie en dus geen kafeïne bevat nie.

 

 

Hoe om pietersielie tee te maak

As jy wonder hoe om pietersielie te maak, hier is die stap-vir-stap instruksies. Dit behels dood eenvoudig net om vars pietersielie blare in kookwater te laat trek.

Pietersielie Tee Resep

Bestanddele
⅛ – ¼k Vars pietersielie blare
1k Kookwater
1 Suurlemoenskyf (of ‘n paar druppels suurlemoensap)

Metode
1. Verwyder die blare vanaf die stele en plaas op die bodem van jou teekoppie.
(Jy kan ook ‘n Franse koffierpers gebruik om pietersielie tee te maak deur die los blare aan die onderkant van die pers te plaas.)
2. Kook die water en vul die koppie / koffiepers met kookwater.
3. Laat trek die blare vir ongeveer 4 minute, of langer as jy ‘n sterker koppie verkies.
4. Verwyder die pietersielie met ‘n teelepel, of skink deur ‘n teesif om van die blare ontslae te raak.
(As jy ‘n koffiepers gebruik, plaas die dompelaar bo-op en druk stadig af om die blare van die tee te skei.)
5. Geur die tee met suurlemoenskyf of ‘n paar druppels suurlemoensap.

Wenk: As jy vir die eerste keer begin om pietersielie tee te drink, begin met ‘n flouer koppie en vermeerder die sterkte van die tee geleidelik soos wat jy gewoond raak aan die smaak. Jy kan ook begin deur jou pietersielie blare by ‘n koppie flou rooibostee te voeg en geleidelik die rooibostee minder te maak.

Voordele van pietersielie tee

1. Verligting van velprobleme

Vlekke op die vel is dikwels die gevolg van lewerprobleme. Pietersielie is baie effektief om jou lewer en niere te ontgif.
Die hoë vlakke van vitamiene A, K en C verseker dat ons velle genoeg antioksidante bevat om genesing van die vel te versnel, rooiheid te verminder en om vlekke op die vel (en aknee) te verminder.
Dit verbeter ook die liggaam se reaksie op inflammasie.

Jy kan ook jou gesig met afgekoelde pietersielie tee soggens en saans afvee. Onthou dat een koppie nie ‘n wonderkuur vir velprobleme is nie. Doen dit gereeld en jy behoort binne 2 weke ‘n merkwaardige verskil aan die voorkoms van jou vel te sien.

2. Regulering van menstruasie

Pietersielie tee word gereeld gebruik as ‘n natuurlike middel om kwessies wat met menstruasie en hormoonvlakke verband hou, te behandel.
Dit bevat eienskappe wat die produksie van estrogeen kan beïnvloed te help met die balansering van hormone.
Pietersielie staan ook bekend as ‘n emmenagoge – ‘n stof wat menstruele vloei stimuleer.

3. Natuurlike medikasie vir blaas infeksie

Alhoewel daar nog geen wetenskaplike beslissing oor die gebruik van pietersielie tee vir die verligting van blaasinfeksie is nie, is daar baie anekdotiese getuienisse hiervoor.
Pietersielie tee word gedrink as ‘n natuurlike manier om blaasinfeksie en urienweginfeksie te beveg. Die logika is dat pietersielie tee die skadelike bakterieë uit die blaas spoel deur die stimulering van urine.

4. Regulering van bloedsuikervlakke

In Turkye word pietersielie tradisioneel gebruik as ‘n natuurlike manier om bloedsuikervlakke te verlaag.
Beperkte studies het bevestig dat pietersielie tee anti-diabetiese eienskappe bevat en kan help om bloedsuikervlakke beter te reguleer.

5. Verligting van water retensie en geswelde voete

Geswelde voete, enkels en bene word veroorsaak deur ‘n opeenhoping van vloeistof rondom die onderste deel van jou bene. Hierdie swelsel staan bekend as water retensie en kan veroorsaak word deur iets so eenvoudig soos om vir lang ure op jou voete te wees of om vir te lank te sit.

Soms kan geswelde voete ook veroorsaak word deur ernstige mediese toestande soos probleme met jou niere, hart of bloedsirkulasie.

Kompressiekouse kan help om ontslae te raak van geswelde voete as jy vir lang ure moet sit of staan. Dit help ook om geswelde voete te voorkom en die simptome van water retensie in die bene te verlig. Die plaas eweredige drukking toe op die bene, wat sodoende bloedtoevoer terug na die hart bevorder.

Probeer gerus pietersielie tee as ‘n natuurlike medikasie vir water retensie. Pietersielie is ‘n natuurlike diuretika, wat water retensie bekamp deur nierfunksie te verbeter en meer water uit die bloed te verwyder. Dit word bereik deur die invloed van pietersielie op osmose deur die stimulering en vermeerdering van urienvloei.

 

Nadele van pietersielie tee

Wanneer jy te veel pietersielie inneem, mag jy moontlike newe effekte soos bloedarmoede, lewer- of nierprobleme ervaar. As jy ly aan diabetes of hoë bloeddruk moet jy jou dokter raadpleeg om te verseker dat pietersielie tee nie sal inmeng met jou toestand en/of medikasie nie.
Pietersielie tee word nie aanveel vir diegene wie mediese diuretikas neem nie, aangesien dit ‘n oormaat waterverlies mag veroorsaak.

Pietersielie is hoog in vitamien K, ‘n belangrike vet-oplosbare vitamiene wat betrokke is by bloedstolling. As jy dus ‘n bloedverdunner soos Warfarin neem moet jy pietersielie tee met voorsorg drink.

Pasiënte wat beplande mediese operasies moet ondergaan word aangeraai om pietersielie te vermy in die twee weke voor hul prosedure.

Pietersielie tee moenie deur swanger vroue geneem word nie, aangesien dit moontlike kontraksies van die baarmoeder mag veroorsaak. 

 

Slot

Pietersielie word algemeen beskou as veilig vir menslike gebruik. Dit kan egter gevaarlik wees om groot hoeveelhede pietersielie in te neem (meer as die normale hoeveelhede wat jy saam met kos sou inneem). Jy sal waarskynlik nie te veel pietersielie inneem as jy net elke dag ‘n koppie tee drink nie.

Leave a Reply