Warm Waatlemoen Sop Resep

Dit verg uiterse en noemenswaardige deursettingsvermoë om hierdie, of enige ander, eetplan te volg gedurende die koue wintermaande.

Die geheim is om slim kos keuses te maak; en gelukkig bied Die 28 Dae Eetplan genoeg vryheid om met ‘n verskeidenheid kombinasies te eksperimenteer.

Hier is ‘n eenvoudige resep vir Warm Waatlemoen Sop wat op Vrugte dae geniet kan word:

WARM WAATLEMOEN SOP

Bestanddele: ½ Waatlemoen 1e Suurlemoensap ¼t Gemmer Knippie sout

Metode: 1. Sny waatlemoen in groterige blokke en verwyder die pitte. 2. Plaas in voedselverwerker en meng tot alle stukke opgelos is. Alternatiewelik kan die waatlemoenstukke in ‘n pot met water gekook word. 3. Indien ‘n voedselverwerker gebruik is, skep waatlemoen puree in ‘n pot. Voeg suurlemoensap, gemmer en sout by en roer totdat die sop goed verhit is. 4. Lewer 2-3 porsies. Bedien warm.

Vir ander smaaklike, winter-warm Sop Resepte wat in verskillende kategorieë van Die 28 Dae Dieet geniet kan word, laai gerus Die 28 Dae Eetplan Nutsgids PDF af – dit bevat ‘n versameling van 20 sop resepte sowel as 20 ander smaaklike resepte uit die amptelike resepteboek, Eet & Geniet.