fbpx
R99 AFLEWERING - ORAL IN SUID-AFRIKA

Waar kry jy jou inligting oor Die 28 Dae Dieet?

Dink aan die volgende scenario:

Jy ontvang die dieet ‘n kollega gekry, per epos aan jou gestuur. Jy sukkel om dit oop te maak – die lêer is so groot. Uiteindelik kry dit oop en dit is soveel leeswerk! Alles is nuut en niks maak sin nie.

Na ‘n rukkie lees jy die basiese beginsels. Jy kom uiteindelik uit by die spyskaart, sodat jy gereed is om te begin.

Dag 1 kom: Graankos en melk, dis mos maklik. Weetbix en melk – klaar! Jy is deur die eerste maaltyd. Volgende op die spyskaart is hoender en een groente.

Uhm.. ‘n gestoomde hoenderborsie is veilig. Een groente… wat beteken dit? Een aartappel? ‘n Hele pampoen? Nee, wag – miskien ‘n mielie. Of miskien…
Dit is te moeilik. Jy gee op!

Klink dit bekend? Indien jy van die gelukkiges is wat jou inligting direk van Eetplan Idees kry, baie geluk! Ongelukkig is die bogenoemde scenario die realiteit vir baie ander mense.

Hoekom ons bestaan

Eetplan Idees bestaan sodat die bogenoemde scenario glad nie hoef te gebeur nie.
Ons maak Die 28 Dae Dieet maklik en toeganklik vir almal en ons doen dit hoofsaaklik op twee maniere:

1. Die webblad

Hierdie webblad is die nommer een wapen in jou arsenaal. Boekmerk die blad sommer dadelik sodat jy altyd hierna kan terugverwys as jy vashaak met die plan.

Sedert 2017 was hierdie webblad 3 keer herbou, en tussendeur gereeld opgedateer en opgradeer om die meeste waarde te bied.

2. Die hulpbronne

Vir diegene wat selfs meer hulp benodig as wat op die webblad verkry kan word, het ons ‘n opsionele reeks hulpbronne beskikbaar.

Elke hulpbron word deur ons self ontwerp, sorgvuldig ontwikkel en vrygestel; so as jy in besit is van ‘n Eetplan Idees produk besit jy ‘n unieke, eensoortige produk wat nêrens anders gekry kan word nie.

Die beste handleiding

Vir baie lank was die dieet slegs beskikbaar in PDF-formaat. Alhoewel baie lede groot sukses met die PDF behaal het, en nog steeds doen, het ons honderde eposse ontvang met die versoek om die plan in ‘n fisiese boek vry te stel.

Nie almal is tegnologies georiënteer nie.

Nie almal het toegang tot rekenaars of toestelle wat PDF dokumente suksesvol kan oopmaak/lees nie.

Nie almal het toegang tot drukkers om die PDF vir hulself uit te druk nie, en die koste om die dokument plaaslik te laat druk is ongelooflik duur – met ‘n gemiddeld tussen R7.50 en R10 per kleur bladsy vermenigvuldig met 64 kleur bladsye is nogal ‘n aardige bedrag!

Die 28 Dae Eetplan Beginnersgids is dus die samestelling van die plan in ‘n fisiese boekie, in volkleur gedruk en professioneel gebind.

Dit bevat die plan, inkopielys, dagbeplanner, gewigsverlieskaart, riglyne vir die handhawing van doelgewig sowel as resepte.

Bemagtig jouself

Ongelukkig is daar persone wat die sukses van Die 28 Dae Dieet gebruik om ander mense uit te buit, sommige van hulle selfs onder die voorwendsel dat hulle Eetplan Idees verteenwoordig.

Dit is dus belangrik om jouself teen hierdie tipe opportuniste te beskerm.

Selfs wanneer diegene met goeie bedoelings hulself voordoen as hulpvaardig teen opsigte van die plan, soos in die geval van Facebook-groepe, is dit nie ‘n waarborg dat jy kwaliteit hulp en korrekte inligting ontvang nie.

So hoe bemagtig jy jouself?

Soek vir die logo

Alle Eetplan Idees hulpbronne, publikasies en bemarkingsmateriaal gaan gepaard met die amptelike logo wat uit 7 vierkantige blokkies bestaan.

Ken die kanale

Eetplan Idees gebruik slegs ons amptelike platforms om inligting te versprei, naamlik hierdie webblad, ons Facebook blad, Facebook groep, Instagram en die eposadres wat saam met die webblad gepaardgaan.

  • Jy sal nooit deur ‘n persoon in sy/haar persoonlike kapasiteit genader word nie.
  • Jy sal nooit deur ‘n Gmail of enige persoon se persoonlike eposadres gekontak word nie.
  • Jy sal nooit ‘n betaling in ‘n persoonlike bankrekening hoef te maak nie.

Alle betalings aan ons word direk in ons FNB besigheidstjekrekening gedeponeer, of deur die aanlyn betalingsprosesseerder, PayFast, behartig.

Diensverskaffing

Een van die hoofvoordele verbonde aan die gebruik van ‘n betroubare verskaffer is dat jy gerus kan wees dat jy in ‘n veilige transaksie intree.

Jy geniet na-verkope diens en is deel van ‘n instansie wie se opregte bedoeling dit is om waarde te skep en wie werklik omgee vir jou sukses.

Eetplan Idees is konstant besig met opdatering van die plan, die webblad en die hulpbronne om te verseker dat lede toegang tot die beste inligting geniet.

As jy weet van iemand wat Eetplan Idees materiaal onregmatig gebruik of versprei, of as jy ‘n slagoffer van so ‘n transaksie was, rapporteer asseblief sulke gedrag hier.

Deel artikel met jou vriende

Lees volgende  

Maaltyd voorbereiding >>

Ontvang wenke, nuus en ontwikkelinge rakende die Eetplan via e-pos.

error: Content is protected !!
×

Cart