Wat bring resepte na die tafel?

Om gesond te eet en gewig te verloor behoort glad nie vervelig, ingewikkeld of duur te wees nie. As jy werklik uitsien na elke dis, sal jy die 28 dae kan voltooi? Ons dink ook so. Wanneer jou kos lekker is vergeet jy dat jy op ‘n dieet is.

Idees om resepte uit te dink

Wanneer dit kom by resepte is dit noodsaaklik dat jy binne die raamwerk van Die 28 Dae Dieet bly vir optimale gewigsverlies.

Hier volg ‘n paar wenke om jou te help om jou eie resepte saam te stel.

Verstaan die beginsels

‘n Goeie begrip van die reëls en beginsels van maaltyd voorbereiding op die plan is definitief ‘n aanwins as dit kom by die samestelling van jou resepte.

Dit is egter nie ‘n vereiste nie. Al wat dit beteken is dat jy net ekstra fyn beplanning sal moet doen om te verseker dat daar nie ‘n fout insluip nie.

Benut bestanddele ten volle

Vir elke maaltyd, dink aan elke potensiële bestanddeel wat jy mag gebruik; sowel as die bestanddele wat jy tot jou beskikking het.

Maak seker jy gebruik genoegsame geurmiddels, in matigheid, om die smake van jou disse op te kikker. Die verskil tussen pietersielie en salie in jou resep kan ‘n groot verskil maak in kwaliteit van die eindproduk.

Raak kreatief

Dink aan meer as een kookmetode om jou disse voor te berei – of verander die tradisionele manier waarop sekere kossoorte gaargemaak word.

In plaas daarvan om vaal, gestoomde vis te eet, probeer eerder om die vis met jou gunsteling speserye, ‘n titseltjie Tabasco sous en ‘n suurlemoenskyf te geur en dan in foelie in die oond te bak. Liplek-lekker!

Hoe resepte moet lyk

Die doel van resepte is nie net om jou maaltye interessant te hou nie, maar ook om tyd te bespaar. Jy moet dus verseker dat jou resepte die standaard uitleg volg.

Gebruik ‘n templaat om te verseker dat jou al jou resepte elke keer dieselfde uitleg volg en dat jy nie vergeet om iets in te sluit nie.

Titel

Gee jou resep ‘n naam. ‘n Goeie titel is tussen 2 en 6 woorde lank en dui op die inhoud van die resep of die eindproduk.

Kategorie

Om dit makliker te maak om resepte op ‘n latere stadium te vind, is dit ‘n goeie idee om ‘n aanduiding van die dieet kategorie by te voeg.

Bestanddele

Lys die bestanddele in die volgorde waarin dit in die resep gebruik word, of volgens die belangrikheid van bestanddele.

Gebruik kolomme om te verseker dat dit maklik lees.

Sluit ál die bestanddele wat benodig word, in. Moenie klein items soos sout, peper of water uitlaat nie – jy gaan dalk nie volgende keer onthou wat en hoeveel van elk gebruik moet word nie.

Metode

Hierdie is die belangrikste stap. Skryf alles neer wat jy moet doen om die bestanddele tot die finale produk te verwerk.

Dui die hitte aan by aanwysings vir die stoofplaat (bv. “Laat prut oor lae hitte”) en sluit gaarmaaktye in (bv. “Braai 1 minuut aan elke kant”).

Verdeel elke stap in ‘n nuwe paragraaf. As jy droë bestanddele in ‘n bak meng, gebruik dan een paragraaf vir al die instruksies vir die stap.

Eindig met opdieningsinstruksies, byvoorbeeld watter temperatuur om te bedien of hoe om dit te garneer.

Hoe om resepte te liasseer

Nadat jy so hard gewerk het om jou resepte saam te stel is dit ‘n goeie idee om alles op een plek te stoor, byvoorbeeld in ‘n notaboek of lêer.

Net omdat jy op ‘n dieet is beteken dit nie dat jou lewe stilstaan nie; spoed en gerieflikheid is definitief jou vriend wanneer jy na ‘n resep soek.

Wees kreatief met die liassering van resepte deur die gebruik van kleur om verskillende kategorieë aan te dui.

Indien moontlik, neem foto’s van jou disse en druk dit uit om dit in te sluit by jou 28 Dae Dieet resepte versameling.

Om gewig te verloor en gesond te wees was nog nooit makliker of lekkerder nie, danksy ‘n groot verskeidenheid van smaaklike resepte in Die 28 Dae Eetplan Resepteboek.

Voorbereiding is maklik en eenvoudig en sonder ‘n lang lys bestanddele of ingewikkelde metodes.

Opname van vordering op ‘n dieet: Is dit belangrik?

Wanneer jy ernstig is oor gewigsverlies en so baie moeite doen om by jou dieet te hou is jy dit verskuldig aan jouself om tien minute elke week te neem om jou vordering te meet en dit ‘n rekord daarvan te hou.

Voordele

Om tred te hou van jou vordering sal jou help om die resultate te kry wat jy verdien. Dit kan die grootste onderskeid wees tussen jou sukses of mislukking op die plan.

Om tred te hou van jou vordering is die enigste manier om te meet of jy jou doelwitte vir gewigsverlies op die plan bereik.

Om tred te hou van jou vordering voorsien jou van objektiewe data wat jy kan gebruik om tendense te identifiseer en die nodige aanpassings te maak ingeval jou bus ietwat van koers af loop.

Om tred te hou van jou vordering is die beste manier om jou gemotiveer te hou om die plan te voltooi aangesien die mens floreer met vooruitgang en die gevoel van konstante groei.

Hoe om te weeg en te meet

Daar is baie faktore wat dag-tot-dag gewig beïnvloed, onder meer hormone, medikasie, water retensie, soutinname en die Vet “Whoosh” effek.

Weeg

Vir die beste, mees akkurate resultate, weeg en meet jouself slegs een keer per week op die voorgestelde weeg dae.

Onthou om dit op dieselfde tyd en op dieselfde skaal te doen, aangesien nie alle skale dieselfde gekalibreer is nie.

Die ideale tyd om te weeg is met ‘n leë blaas voor ontbyt.

Meet

Behalwe dat die opname van liggaamsmetings ‘n beter aanduiding van vetverlies is, is dit ook ‘n maklike manier om jou vordering te meet aangesien geen spesiale gereedskap benodig word nie.

Onthou om styfpassende (of geen) klere te dra nie, en hou by hierdie keuse elke keer wanneer jy jouself meet. Maak dan so:

  • Nek: Plaas die maatband rondom die breedste deel van jou nek.
  • Arm: Meet rondom die grootste deel van elke arm bokant die elmboog.
  • Bors: Meet reg rondom jou borskas, maar moenie die maatband te styf trek nie.
  • Middel: Meet ongeveer 1cm bokant jou naeltjie of om die kleinste deel van jou middel.
  • Heupe: Plaas die maatband rondom die grootste deel van jou heupe.
  • Bobeen: Meet rondom die breedste deel van elke bobeen.

Gebruik die gewigsverlieskaart in die Beginnersgids om jou metings op te neem. Moenie vergeet om dit elke week te doen nie.

Rekordhouding

Nadat jy jou mates en gewig geneem het is die volgende stap om dit neer te skryf. Maak seker om jou rekords veilig te bewaar sodat jy elke keer jou nuwe mates kan byvoeg; en sodat jy uiteindelik kan terugkyk op jou reis nadat jy jou doelgewig bereik het.

Gewigsverlieskaart

Jou gewigsverlieskaart moet voorsiening maak vir jou gewig, al jou liggaamsmates, die datum en ‘n spasie waar totale verlies bereken en aangedui kan word.
Plaas dit teen jou yskas sodat jy ‘n visuele uitbeelding van jou gewig kan sien om jou gemotiveer te hou soos wat jy daagliks herinner word aan hoe die kilo’s val!

Foto’s

Sonder dat mens dit besef verander veral jou gesig dramaties wanneer jy gewig verloor. As jy elke week ‘n foto neem van jou gesig (en jou liggaam), kan jy ‘n fisiese aandenking van jou vordering sien.

Onthou om jou foto’s veilig te stoor. Jy kan ook jou suksesverhaal aan ons stuur vir publikasie op die webblad om jou herinneringe vir altyd vas te vang en ander te motiveer.

Joernaal

‘n Joernaal wat jou dieetreis dokumenteer kan ‘n nuttige hulpmiddel wees om gewigsverlies-sukses te behaal.

Om rekord te hou van jou insette en te ontleed wat werk en wat nie, is jou manier om jou eie verpersoonlikte ondersteuningstelsel te skep.

 

Jou dagboek kan uit veel meer bestaan as net ‘n eenvoudige kosdagboek.

  • Dit kan gedetailleerde inligting bevat oor jou oefenpogings, jou gevoelens en gedrag – en watokal jou selfbewustheid sal verhoog. Dit sal verseker dat jou entoesiasme, vasberadenheid en optimisme op ‘n konstante hoë vlak bly.
  • Begin jou joernaal deur jou doelwitte met betrekking tot Die 28 Dae Eetplan neer te skryf, sowel as om te identifiseer hoekom jy hierdie dieet doen en wat jou motivering is.
  • Sluit ook ‘n daaglikse aanhaling van ‘n motiverende gesegde in. Dit vorm die inspirasie om voort te gaan met jou dieet.
  • Spreek jou oortuiging uit dat jy verdien om ‘n gesonder persoon te word. Komplimenteer jouself vir jou volgehoue pogings.
  • Vergewe jouself vir geleenthede wanneer jy moedeloos raak en van jou vasberadenheid verloor.

 

Om jouself op hierdie manier lief te hê en te bemoedig sal jou selfbeeld ongeskonde hou en jou toewysing tot jou dieet versterk.

Indien jy nie tyd het om jou eie joernaal saam te stel nie, kan jy gebruik maak van Die 28 Dae Eetplan Joernaal wat reeds al die bogenoemde plus vele meer insluit.

Deel artikel met jou vriende

Ontvang wenke, nuus en ontwikkelinge rakende die Eetplan via e-pos.

error: Content is protected !!
×

Cart