ONS DOEL

OM GEWIGSVERLIES MAKLIK EN VEILIG
TE MAAK VIR ALMAL WAT
OP ‘N DIEET IS*

*As jy kos eet, is jy op ‘n dieet.

Welkom by Eetplan Idees. Ons maak gewigsverlies maklik.

Ons missie is om die mees betroubare wetenskaplike en praktiese kennis oor gesondheid te vind, dit inspirerend en maklik maak te om te gebruik; en dit toeganklik en gratis vir almal te maak.

Ons fokus daarop om Die 28 Dae Eetplan eenvoudig te maak vir mense wat daarby kan baat en wat dit wil probeer.

Wat doen ons?

Ons langtermyn doel is om mense oral te bemagtig om hul gesondheid dramaties te verbeter. Want as jou liggaam gesond is, is gewigsverlies die natuurlike byproduk wat volg.

Daar is baie gratis inligting beskikbaar op die internet, maar dit is moeilik om te vertrou.
Individue probeer dikwels om voor te gee dat hulle ‘n kenner in die veld van gewigsverlies is.

In die proses poog hulle om ‘n spesifieke produk, ‘n dieetpil, verslankingstee of –koffie aan jou te verkoop, wat jy in elk geval saam met die dieet moet gebruik. (Nuusflits: Dis eintlik die dieet wat gewigsverlies laat gebeur en nie die nuttelose foefies nie.)

Werklike langtermyngesondheid kan nie maklik in ‘n pil gevind word nie. Om dit te behaal moet jy ‘n betroubare vennoot hê wat agter jou staan om jou doelwitte te bereik.

GENIET JOU KOMBUIS

EETPLAN IDEES


Ons vasbeslotenheid

Hoe doen ons dit?

In ‘n industrie wat bekend is vir omstredenheid, streef Eetplan Idees om ten alle tye ons integriteit te behou deur die ervaring van die eindgebruikers soos jy te prioritiseer.

Ons bied waarde deur:
Die webblad met ‘n biblioteek van inligting wat jou help om jou gesondheid te bevorder en gewig te verloor.

Die ondersteuning wat lede geniet in ons Facebook groep.

Die vertaling van die kern elemente van die plan in ‘n aparte, toegewyde webblad vir ons Engelse gebruikers.

Die samestelling van publikasies, in fisiese sowel as elektroniese formaat, vir gebruikers wie ‘n ekstra hupstoot benodig.

Die verspreiding van inligting, wenke en aflaaibare hulpbronne in ons epos-nuusbrief.

Ons dankbaarheid

Is alles gratis?

Ons doen alles in ons vermoë om die hulpbronne wat op ons webwerf beskikbaar is, heeltemal gratis vry te stel.

Ongelukkig is daar koste verbonde daaraan om ons verskeie platforms te bestuur. Dit kos ook ‘n geweldige hoeveelheid werk om ons resepte, e-boeke, artikels en meer te skep.

Dit is dus nie moontlik om alles gratis weg te gee nie – anders sal ons nie die webwerf aan die gang kan hou nie.

ONS WAARDES

INKLUSIWITEIT

Om ‘n toeganglike en vriendelike omgewing te skep waar geen persoon gebaseer op sy/haar opinies, waardes of agtergrond van die dieet weerhou word nie.

INTEGRITEIT

Om ten alle tye eerlik en opreg te wees in ‘n industrie wat bekend is vir sy omstredenheid.

BETROUBAARHEID

Om te verseker dat alle inligting wat ons deel van nagevorsde bronne verkry word en om slegs produkte van die hoogste gehalte vry te stel.

Raak betrokke

Maak gebruik van ons gratis hulpbronne

Alles wat ons ontwerp is vir die gemak en gerief van enige persoon wat meer gesond wil wees en gewig te verloor. Jy kan help deur gebruik te maak van ons gratis hulpbronne.

Lees die artikels, wees deel van die Facebook-groep en webblad lidmaatskap; of sluit aan by die epos-nuusbrief.

Vertel jou vriende

Deel ons artikels, Facebook plasings en blogs met jou vriende sodat hulle ook baat kan vind daarby.

Rapporteer enige onregmatige aktiwiteite

Niemand het die reg om Eetplan Idees produkte te versprei of ons logo, produkte of publikasies kommersieel te gebruik nie. Rapporteer enige onregmatige gebruik om die integriteit en voortbestaan van die plan te verseker.

Oorweeg ‘n betaalde hulpbron

Eetplan Idees is ‘n nie-regeringsorganisasie, wat beteken dat ons geen fondse of subsidies vanaf die regering of enige ander party ontvang nie.

Betaalde hulpbronne is die primêre manier waarmee ons fondse insamel om hierdie inisiatief aan die gang te hou.

Jy kan ook ‘n vriend of familielid bederf met een van ons produkte. Ons lewer oral in Suid-Afrika af en het elektroniese hulpbronne beskikbaar vir diegene wie die plan van buite Suid-Afrika volg.