Wat is Die 28 Dae Eetplan?

Die 28 Dae Eetplan is ‘n gewigsverlies program met ‘n voorafbepaalde spyskaart van 3 maaltye ‘n dag, vir 28 dae. Dit is spesifiek bedoel om persone te help om gewig te verloor en die nodige leefstylveranderinge te leer om hul doelgewig te handhaaf.
​Hoe meer gewig jy het om te verloor, hoe vinniger sal jy gewig verloor. ​Dit is ‘n baie praktiese eetplan wat bestaan uit al die kossoorte wat ons oor die algemeen in ons kombuise aanhou – niks vreemd of uitheems nie.

Hoekom Die 28 Dae Eetplan so Suksesvol Is

Die fundamentele manier waarop die liggaam vet verbrand is om ‘n kalorie tekort te skep: Jy eet minder kos as waaraan jou liggaam gewoond is en forseer sodoende jou liggaam om die nodige energie te verkry deur die vet reserwes te verbrand.`Die sukses van die plan berus op die volgende 3 belangrike beginsels

Ongeveer 5 ure tussen maaltye

Die eetplan bestaan uit 3 maaltye per dag met geen peuselhappies tussen maaltye nie. Dit gee jou liggaam die geleentheid om jou reserwe energiebronne (m.a.w. oortollige vet) te verbrand om energie te verkry.
Dit veroorsaak ook die optimale werking van jou metabolisme en organe wat betrokke is by die spysverteringsproses, aangesien hierdie organe nie konstant besig is om voedsel te verwerk en gifstowwe af te breek nie.

Kleiner Porsies

Die waarheid is dat die meeste van ons oorgewig is omdat ons te veel het, te gereeld eet, vir verkeerde redes eet of al die voorafgaande.

Een van die belangrikste beginsels is die sny van porsies sodat ons slegs inneem wat ons liggaam benodig om te funksioneer – niks meer nie.

Geen suiker, vet of ongesonde koolhidrate

Hoe hierdie eetplan van ander diëte verskil is dat die plan geen voedselgroep uitsluit nie. Dit bevat ‘n bietjie van alle voedselgroepe (koolhidrate, groente, vrugte, proteïene, suiwelprodukte en vette) in die korrekte hoeveelheid en vir optimale gesondheid.
Onnatuurlike suikers, ongesonde vette en ‘n oormaat koolhidrate is 3 van die hoof sondebokke wat tot vetsug bydra.