GEREELDE VRAE
Hoekom was die Nutsgids geskep?
Baie persone het gevra vir resepte in PDF-formaat. Ons wou toe soveel meer as net resepte aanbied, en het toe die gids gekombineer met die Joernaal en die belangrikste riglyne van die plan.
Kan ek van buite SA bestel?
Ja, verseker. Dit is nog ‘n voordeel van ons digitale reeks. Dit kan vanaf enige plek bestel word. Jy kan met enige Visa of Mastercard betaal.
Ek het nie 'n kredietkaart nie. Kan ek steeds bestel?
Beslis, ja. Wanneer jy bestel, kies gerus die EFT opsie om ons bankbesonderhede per epos te ontvang vir direkte betaling.
Wat het ek nodig om die lêers oop te maak?
Jy benodig ‘n stabiele internetverbinding, genoeg data en ‘n program wat PDF dokumente kan oopmaak.
Wanneer en hoe sal ek die lêer ontvang?
Die lêer word outomaties na jou eposadres gestuur sodra jou betaling gedoen is.
Jy ontvang ‘n aflaai-skakel waarvandaan jy die lêer kan aflaai en stoor vir toekomstige gebruik.
Die aflaai skakel sal oopbly vir 14 dae om jou genoeg tyd te gee om jou aankope af te laai.
As jy nie onmiddellik hierdie epos ontvang nie, bevestig asb. dat jy die korrekte eposadres gebruik het en gaan asb. jou spam-lêergids na.
Sal ek 'n fisiese boek ontvang wat by my huis afgelewer word?
Die 7 Dae Uitdaging is ‘n elektroniese produk wat spesifiek ontwerp is as deel van ons digitale reeks.
Dit word in PDF-formaat aangekoop en afgelaai, sodat dit maklik is om op selfone, tablette, rekenaars en enige ander toestel wat PDF-dokumente kan oopmaak en lees, te gebruik.
Jy kan dit ook vir jouself uitdruk, indien jy verkies.