Hoe werk bestellings?

Hoe werk bestellings?

1. Hoe bestel ek?

Besoek ons aanlyn winkel en kies jou produk deur die “Koop Hier” knoppie te druk.  Sleutel jou besonderhede in en volg die instruksies op die skerm om jou bestelling te voltooi.

2. Hoe betaal ek?

Betaal per EFT, kredietkaart of debietkaart. Ons gebruik slegs derde party betalingsportale  om veilige transaksies te verseker.

Kliek onder om meer te lees oor hoe hierdie maatskappye verseker dat jou persoonlike inligting veilig bly.

3. Is aflewering gratis?

Aflewering vir individuele produkte (bv. die resepteboek) kos R99. Gratis aflewering is beskikbaar vir alle kombo pakkette.

4. Hoe lank neem aflewering?

Aflewering vir fisiese produkte neem ongeveer 4 werksdae. Aflewering na plattelandse areas, myne, plotte of plase neem ‘n bietjie langer.
Digitale produkte is onmiddellik na betaling beskikbaar om per e-pos af te laai.

5. Hoe weet ek of ‘n produk digitaal of fisies is?

Digitale produkte sal die woord “E-boek” of “PDF” in die titel hê. Hierdie items word nie fisies afgelewer nie, maar kan gerieflik per e-pos afgelaai word vir digitale gebruik.
(Jy kan dit ook vir jouself druk indien verkies).

6. Wat behels die verskillende produkte?

‘n Volledige beskrywing van elke produk is beskikbaar in die aanlyn winkel. Kliek gerus op die naam van die item waarin jy belang stel om die volledige produkbeskrywing te lees.

 

7. Is dit beskikbaar in Engels?

Ja, die meeste van ons produkte is beskikbaar in Afrikaans en Engels. Afrikaanse produkte sal Afrikaanse titels hê en Engelse produkte sal Engelse titels hê.

Besoek gerus die Engelse aanlyn winkel vir produkte ekslusief in Engels.

8. Wat is die beste produk om aan te skaf?

Die Alles-in-Een Kombo is by verre die beste pakket om jou op jou 28 Dae Eetplan reis te vergesel. Behalwe dat dit al ons topverkopers bevat, bied dit ook gratis aflewering.

Ingesluit by hierdie pakket is:

  • Resepteboek
  • Beginnersgids
  • Joernaal
  • A3 Yskaskaart
  • Dieet sleutelring stel
  • 7 Dae Uitdaging
  • GRATIS aflewering oral in SA

Kliek hier om te bestel

Leave a Reply