Gereelde Vrae

Bestellings  |   Aflewering  |   PDF Produkte  |   Die Plan

Bestellings

Hoe bestel ek ?

Kliek “Add to Cart” op die produk van jou keuse en selekteer “Checkout“. Vul jou besonderhede in, kies jou betalingsmetode en selekteer “Place Order“.

Hoe betaal ek?

Jy kan met ‘n kredietkaart betaal deur PayFast of Zapper, of jy kan kies om ons bankbesonderhede te ontvang vir ‘n EFT of direkte betaling.

Is my inligting veilig ?

Vir maksimum sekuriteit gebruik ons derde party platforms om alle betalings namens ons te behartig. PayFast en Zapper is twee van die grootste nasionale betalingsportale wat streng sekuriteitsmaatreëls in plek het.

Geen kredietkaart of ander betalingsinligting word op ons webblad gestoor nie.

Ek het bestel, maar geen bevestiging ontvang nie. Wat moet ek doen ?

Bevestiging word onmiddellik na bestelling gestuur. Indien jy nie die epos ontvang het moet jy asseblief jou “Spam folder” nagaan of seker maak jy het jou eposadres korrek gespel.

Kontak ons per epos indien jy nie die epos binne 24 uur kan opspoor nie.

Moet ek aanlyn bestel ?

Om jou bestelling so vinnig moontlik te prosesseer moedig ons aan dat bestellings aanlyn geplaas word.

As jy sukkel kan jy ook jou bestelling en afleweringsadres per epos plaas.

Kan ek in kontant by die bank inbetaal ?

Jy mag, maar as gevolg van hoë bankkoste verkies ons dat alle kontantdepositos by FNB OTM’e i.p.v. interne tellers gedoen word.

Aflewering

Hoe lank neem aflewering ?

Aflewering neem 1 tot 4 werksdae nadat bestelling ontvang is. Die spoed hang daarvan of jy in ‘n stedelike of plattelandse area geleë is.

Kan ek self my pakkie kom optel ?

Ons het nie ‘n fisiese winkel of optelpunt nie. Alle bestellings word deur Aramex Couriers versend en afgelewer.

Kan julle na my posbus aflewer ?

Die koeriers kan ongelukkig nie na posbusse aflewer nie, aangesien ‘n fisiese handtekening benodig word ten tyde van aflewering.

Bied julle gratis aflewering aan ?

Ja! Ons Kombo Pakkette geniet gratis aflewering. Individuele items word versend teen ‘n koerier koste van R99.

Moet ek twee keer aflewering betaal as ek meer as een produk bestel ?

Glad nie. Jy kan meer as een van dieselfde produk bestel en slegs een keer aflewering betaal.

HOE WEET EK WANNEER MY PAKKIE AFGELEWER SAL WORD ?

Jy ontvang jou opspoor kode sodra jou bestelling versend word. Jy kan ten alle tye die vordering van jou pakkie monitor by parcelcode.com.

Ek is nie bedags tuis nie. Kan julle by my werk aflewer ?

Natuurlik! Ons moedig dit aan om te verseker dat die koeriers jou nie misloop nie.

Kan ek ‘n bestelling plaas en dit by iemand anders laat aflewer ?

Verseker! Ons Resepteboek maak ‘n ideale geskenk. Vul asseblief die ontvanger se besonderhede by die bestelling in, of kontak ons per epos.

Ek bly op ‘n plaas. Kan julle hier aflewer ?

As koeriers maklik toegang tot die plaas kan verkry, kan jy jou plaas se adres verskaf. Aramex Couriers behou die reg om ‘n addisionele fooi te hef vir plase, myne of plotte wat moeilik bereikbaar is.

Lewer julle in Namibië of ander lande af ?

Ons lewer tans slegs in Suid-Afrika af.

PDF Produkte

WORD DIGITALE PRODUKTE BY MY ADRES AFGELEWER ?

Digitale produkte is spesifiek saamgestel met die gerief van elektroniese gebruik in gedagte. Dit word nie fisies afgelewer nie.

WAAR LAAI EK MY E-BOEK OF PDF DOKUMENT AF ?

Sodra jou betaling bevestig word ontvang jy ‘n epos met ‘n opsomming van jou bestelling. Kliek in die regterkantse kolom van elke produk om jou PDF af te laai.

Hoe groot is die lêers?

Die grootte van die lêers wissel tussen 7mb en 60mb elk. Die presiese grootte sal altyd in die produkbeskrywing aangedui word voor jy koop.

Hoe lank neem dit om af te laai ?

Die spoed hang af van jou internet pakket. Met vinniger pakkette neem dit 1-4 minute, of 15-30 minute met stadiger pakkette.

Wat gebeur nadat ek die PDF dokument(e) afgelaai het ?

Jy mag dit vir jouself uitdruk of elektronies op jou selfoon en/of rekenaar gebruik. Jy MOET dit veilig stoor aangesien die skakel binne 10 dae sal verval en dit dus nie meer beskikbaar sal wees nie.

Ek sukkel om my produkte af te laai, wat kan ek doen ?

Kontak ons onmiddellik per epos indien jy sukkel om jou PDF af te laai. Hoe gouer jy ons kontak, hoe beter is ons vermoë om jou te help voor jou aflaai skakels verval.

Wat as die lêer stop of onderbreek word terwyl dit besig is om af te laai ?

Soms is daar ‘n tydelike onderbreking in jou internetverbinding, wat bogenoemde veroorsaak. Probeer gerus weer of kontak ons dadelik indien jy sukkel.

Mag ek my PDF produk uitdruk ?

Natuurlik! Jy mag jou PDF elektronies gebruik of vir uitdruk vir persoonlike gebruik. Jy mag dit nie aan enige ander persoon stuur of dit vir enige ander persoon uitdruk of fotokopieër nie.

Die Plan

Waar kry ek die plan ?

Verwys asseblief na die tuisblad vir die verskillende maniere om die plan te bekom.

Verkoop julle dieetpille ?

Nee, glad nie. Die 28 Dae Eetplan werk goed genoeg nes dit is. Eetplan Idees produseer en/of verkoop geen dieetpille nie.

Ek het ‘n vraag oor die plan. Vir wie kan ek vra ?

Sluit aan by ons ondersteuningsgroep / forum vir enige vrae oor die implementering van die plan. Ons gee geen mediese advies nie.

Is daar meer as een 28 Dae Eetplan ?

Daar is slegs 1 plan. Al die hulpbronne is geskep om dit makliker te maak om die plan te implementeer.