Eet & Geniet Resepteboek is Terug!
Grootse produk | Terugvoer | Nuwe uitgawe | Voorafbestelling
Verreweg die meeste versoek wat ons kry is vir Eet & Geniet Resepteboek, die 28 Dae Eetplan resepteboek met 200 resepte wat spesiaal vir die dieet saamgestel is.
Grootste produk
Eet & Geniet Resepteboek is die grootste produk, die grootste versameling en die grootste publikasie van enige van Die 28 Dae Eetplan hulpbronne.
Dit is gevolglik ook die produk wat die duurste kos om te produseer, dus word dit slegs een keer per jaar – in Aprilmaand – gedruk.
Die 2019 voorraad was reeds gedurende die eerste week in Desember uitverkoop, ‘n volle vier maande voor die volgende voorraad geskeduleer was om te arriveer.
Ons het sedertdien honderde eposse op ‘n daaglikse basis ontvang wat hierdie produk versoek. As gevolg van die groot aanvraag, sowel as die groeiende populariteit van Die 28 Dae Eetplan as geheel, was ons genoodsaak om die volgende drukslag vroeër te laat gebeur.
Terugvoer
Tesame met die versoeke om Eet & Geniet terug te bring, het ons ook gedurig terugvoer vanaf vorige kopers ingewin.
Kliëntetevredenheid en produkkwaliteit is aan die kern van dit waarna ons streef as dit by die skep en verspreiding van hulpbronne kom.
Behalwe vir die talle uitstekende resensies wat ons oor Eet & Geniet ontvang het, was daar een aspek van die boek wat baie kopers graag wou verbeter:
Die grootte en dikte van die resepteboek het die funksionaliteit van die boek beïnvloed tot ‘n mate wat dit moeilik gemaak het om plat te laat lê gedurende die kookproses.
Ons het ernstig besin oor die terugvoer van ons lede en begin werk aan ‘n plan van aksie om dit aan te spreek.
Nuwe uitgawe
Die eerste verbetering wat ons aangebring het is om die grootte van die boek aan te pas vanaf A5 tot ‘n tradisionele koffietafel-boekgrootte (231mm x 188mm).
Saam met dit het ons ook die bladsy-dikte verminder om die algehele dikte van die boek aansienlik te verlaag.
Hierdie verbetering alleen verhoog die buigbaarheid van die bladsye sodat dit meer prakties benut kan word en sodat die boek maklik in enige resepteboek-staander kan pas. Om die produk af te rond het ons die ou voorblad vervang met ‘n nuwe, ligte ontwerp.
Nuwe kopers hoef nie bekommerd te wees oor die inhoud nie – die resepteboek is steeds propvol smaaklike en unieke resepte idees vir Die 28 Dae Eetplan.
Die nuwe uitgawe bevat steeds al 200 smullekker disse van die ou weergawe, sowel as die addisionele hoofstuk wat die beginsels van maaltyd voorbereiding op die plan verduidelik.
Voorafbestelling
So, ons druk nie net vroeër nie, maar ons het ook ‘n paar nodige veranderinge aangebring.
Dieselfde wonderlike inhoud. Dieselfde ongelooflike resepte. En die bykomende inleidende hoofstuk.
As gevolg van die oorweldigende belangstelling het ons besluit om voorafbestelling moontlik te maak om jou in staat te stel om jou kopie vroegtydig te bespreek en teleurstelling te voorkom.
Voorafbestelling open vandag en is verleng tot 29 Februarie 2020.
Wat sê die gelukkige kopers?
Previous
Next