fbpx
R99 AFLEWERING - ORAL IN SUID-AFRIKA

WENKE

Algemeen   |   Honger/Peusel   |   Detoks   |   Oefening   |   Rokers   |   Hoë bloeddruk   |   Lae bloeddruk   |   Hoë bloedsuiker   |   Lae bloedsuiker

Algemeen

  • Lees die plan goed deur om ‘n goeie begrip te hê van die reëls en beginsels.

  • Om te verseker dat jy op die plan bly, beplan jou etes vooruit en maak seker jy het al die bestanddele in jou kombuis. Gebruik die inkopielys in hierdie boek as riglyn.

  • Geen etes ag omgeruil, oorgeslaan of uitgelaat word nie. Eet presies volgens die maaltye wat in die plan aangedui word.

  • Gewigsverlies verskil van persoon tot persoon. Moenie vergelyk nie.

  • Tamatie en avokadopeer is vrugte, maar word op die plan geïmplementeer as groente weens hul chemiese samestelling.

  • Brood moet altyd net 1 sny wees. 2 Snye Albany Ultima Kilojoule Controlled brood mag geëet word waar die plan 1 sny noem. Geroosterde brood bevat minder kalorieë as ongeroosterde brood.

  • Eiers kan enige manier voorberei word (gebak, gekook, omelet) met toelaatbare geurmiddels.

  • Droë vrugte kan net so of gestoof geëet word.

  • Suikervrye kougom mag gekou word.

Honger/Peusel

  • Geen peusel tussen maaltye word toegelaat, tensy daar ‘n mediese rede is. Diabete moet elke 2 ure ‘n gesonde peuselhappie eet.

  • Drink baie water. Dit help met vetverbranding, verhoog metabolisme en bekamp hongerte.

  • Probeer sover moontlik op ‘n natuurlike manier aanpas. Eetlusdempers word nie aanbeveel nie, maar mag gebruik word om eetlus te onderdruk terwyl jou liggaam gewoond raak aan die eetplan.

  • Roer een teelepel gelatien poeier in jou toelaatbare 2 koppies tee of koffie wanneer jy honger voel tussen maaltye.

  • Gelatien help om ‘n gevoel van versadigheid te verhoog, asook om honger hormone te beheer. As ‘n bonus help dit ook om los velle soepel te hou soos wat jy stelselmatig gewig verloor.

Detoks

Die eerste week is die moeilikste, aangesien dit die detoks fase is. Dit is die onttrekkingsimptome wat jou liggaam ervaar wanneer jy jou inname van organiese kosse verhoog en geprosesseerde kosse soos suiker en stysel uitsny.

Die mees algemene simptome is hoofpyn, naarheid, hardlywigheid, moegheid of lae energievlakke en om opgeblaas te voel.

  • Drink baie water om die gifstowwe uit jou liggaam te spoel.

  • Neem Grandpa of Panado om die hoofpyn te beheer.

  • Gebruik ‘n lakseermiddel vir die verligting van hardlywigheid.

Oefening

  • Oefening is nie verpligtend nie, maar dit kan voordelig wees en bly ‘n persoonlike keuse. Stap/draf is genoeg.

  • Die plan bevat nie genoeg kalorieë vir diegene wat strawwe oefening doen nie. Neem die plan na jou dokter/dieetkundige/afrigter om die nodige aanpassings te maak.

Rokers

  • Rook verminder tot 40% van die lig-gaam se Vit C, wat dan ‘n tekort skep.

  • ‘n Nie-roker benodig gemiddeld onge-veer 1000mg Vit C per dag terwyl die gemiddelde roker ongeveer 3000mg benodig. Vit C help ook om nikotien-drange te verminder.

Hoë bloeddruk

  • Die plan laat jou bloeddruk daal.

  • Hou sorgvuldig tred van jou bloeddruklesings en bly in kontak met jou dokter, aangesien jou medikasie (wat óók jou bloeddruk laat daal) aangepas moet word.

Lae bloeddruk

Die plan is saamgestel om bloeddruk te laat daal, so as jy reeds lae bloeddruk het moet jy die plan met jou dokter bespreek voor jy begin.

Hier is ‘n paar riglyne om te implementeer as jy lae bloeddruk het:

  • Eet gesonde peuselhappies (bv. 30-50g wildsbiltong) tussen maaltye.

  • Verhoog jou soutinname. Drink 1t Marmite opgelos in warm water vir onmiddellike verligting.

  • Drink baie vloeistof en kies koffie bo tee vir jou daaglikse toelaag, aangesien kafeïne ook help om bloeddruk tydelik te verhoog.

Hoë bloedsuiker

  • Eet ‘n gesonde peuselhappie elke 2 ure om skielike dalings in bloedsuikervlakke te voorkom.

  • Beheer jou styselinname deur “Low GI” opsies van brood, pasta en graankos te kies, sowel as groente met ‘n hoë veselinhoud.

Lae bloedsuiker

As gevolg van die beperking van porsies op hierdie plan, kan dit ‘n tydelike verlaging in bloedsuiker veroorsaak.

Diegene wie lae bloedsuiker het kan die volgende riglyne volg:

  • Eet ‘n vrug elke 2 tot 3 ure tussen maaltye.

  • Vir onmiddellike verligting, eet 2 eetlepels rosyne of 1 dadel.

DOELGEWIG

Hier volg ‘n paar riglyne om te gebruik wanneer jy wil stabiliseer nadat jy jou doelgewig bereik het.

TOELAATBAAR OPSOMMING

Opsomming van items waaroor gereeld navraag gedoen word. Al die items op hierdie lys is toelaatbaar op die plan.

Toelaatbaar

  • Alle vars of gedroogte speserye en kruie

  • Aromat

  • Balsamiese asyn

  • Eetlusdemper (persoonlike keuse)

  • Gelatien / Kollageen poeier

  • Gerookte vis of hoender

  • Olywe (3-5 olywe in slaai)

  • Peusel slegs vir mediese redes, bv. diabetes, lae bloeddruk ens.

  • Sodawater (tuisgemaak)

  • Suikervrye kougom (nie aanbeveel, persoonlike keuse)

  • Suurlemoensap

  • Tabasco sous

  • Tuisgemaakte smoothies (slegs met toelaatbare bestanddele)

  • Tuna (in water, nie olie)

  • Vars gemmer, knoffel, rissies, grasuie, kruie

  • Versoeter (persoonlike keuse)

  • Volstruis, wildsvleis, steak

  • Worcestershire sous

ONTOELAATBAAR OPSOMMING

Opsomming van items waaroor gereeld navraag gedoen word. Al die items op hierdie lys is toelaatbaar op die plan.

Ontoelaatbaar

  • Alkohol

  • Bone (behalwe groenbone)

  • Drink-o-Pop

  • Ertjies

  • Feta kaas/Maaskaas/Sagte kase

  • Gaskoeldrank (insluitende Lite/Zero/Diet weergawes)

  • Geblikte groente/salm

  • Gegeurde sodawater

  • Heuning

  • Lensies

  • Mayonnaise of enige ander sous wat nie spesifiek genoem word nie

  • Mieliemeel

  • Mielies

  • Organe (lewer, niertjies, nekkies,    magies ens.)

  • Peuselhappies

  • Room

  • Rys/Ryskoekies

  • Sap

  • “Shakes”

  • Suiker

  • Varkvleis

  • Wegneemetes

Ontvang wenke, nuus en ontwikkelinge rakende die Eetplan via e-pos.

error: Content is protected !!
×

Cart