VOORBEREIDING VAN MAALTYE

Toelaatbaar   |   Ontoelaatbaar   |   Addisioneel   |   Suiker   |   Drankies   |   Alkohol   |   Etenstye   |   Vrugte   |   Groente   |   Graankos   |   Eiers   |   Droë Vrugte

Anders as ander diëte, hoef jy glad nie vaal, gestoomde kos op hierdie eetplan te eet nie. Jy mag sout, peper, speserye, vars/gedroogte kruie en sekere souse gebruik om jou maaltye op te kikker.

Dit is belangrik om te onthou dat GEEN items op die plan uitgelaat of vervang mag word nie, tensy daar ‘n geldige mediese rede is.

Moet ook nie maaltye omruil of oorslaan nie.

Toelaatbaar

  • Alle vars of gedroogte speserye en kruie, bv. knoffel, grasuie, kruisement ens.

  • Spray & Cook (enige geur)

  • Suurlemoensap, Balsamiese asyn, Worcestershire sous & Tabasco sous

Ontoelaatbaar

  • Olie, vet, botter, smeer

  • Verdikkers, poeiers, meel

  • Suiker, stroop, heuning

Addisioneel

  • ‘n Kwart ui mag by elke maaltyd gevoeg word wat groente bevat, bv.: As jy groenbone kies as 1 groente mag jy ‘n kwart ui daarby voeg.

  • 3-4 Sampioene sowel as ‘n ¼ soetrissie mag bygevoeg word SLEGS by tamatie en uiesmoor, as volg:

    • Dag 2 (2 Eiers & Tamatie/uiesmoor)

    • Dag 4, 13, & 24 (Pasta & Tamatie/uiesmoor)

    • Jy kan die tamatie en uie rou eet in i.p.v. om ‘n smoor te maak.

Suiker

  • Natuurlike suikers word ingeneem deur vrugte.

  • Geprosesseerde suiker is hoogs ongesond en is glad nie toelaatbaar op die plan nie.

  • Versoeter word nie aanbeveel nie, maar persoonlike keuse is van toepassing.

Drankies

Hoe meer jy weeg hoe meer water moet jy drink vir algemene gesondheid asook vir vetverbranding. Die minimum aanbeveling is 8-10 glase per dag.

Water is die enigste verpligte vloeistof op die plan. Al die ander vloeistowwe is opsioneel en moet binne die volgende riglyne gebruik word.

  • Skoon water of suurlemoen water is toelaatbaar.

  • Sodawater is toelaatbaar, maar nie aanbeveel nie a.g.v. die gas en addisionele natrium (sout). Tuisgemaakte sodawater is die beste opsie. Geen gegeurde sodawater word toegelaat.

  • 2 Koppies tee OF koffie per dag.

  • 5 Koppies groen tee per dag.

  • Geen gegeurde/vrugte tee word toegelaat. Jy mag suurlemoen of kruie (bv. gemmer/kaneel) by jou tee voeg.

  • Geen alkoholiese drankies.

  • Melk by tee/koffie is toelaatbaar, maar geen suiker. Die gebruik van versoeter is ‘n persoonlike keuse.

  • Komkommer (“Flat Tummy”) Water en Appel-Kaneel Water.

Alkohol

  • Alkohol is streng verbode op die plan aangesien dit teenstrydig tot gewigsverlies is.

  • Alkohol dehidreer die liggaam en veroorsaak water retensie, wat dan veroorsaak dat jou gewig toeneem.

  • Alkohol stimuleer jou eetlus.

  • Alkohol plaas baie druk op die lewer en weerhou dit van die proses van vetverbranding.

  • Alkohol bevat baie suiker en leë kalorieë.

Etenstye

Een van die sleutelkomponente van die sukses van die plan is genoegsame tyd (ongeveer 5 ure) tussen maaltye.

Hier volg die voorgestelde etenstyd plan:

  • Ontbyt: 07h00 – 08h00 (nie later as 1 uur na jy wakker skrik nie)

  • Middagete: 12h00 – 14h00

  • Aandete: 18h00 – 20h00

Vrugte keuses

Alle vrugte is toelaatbaar op die plan, met die volgende beperkinge:

  • Aarbeie: 5 Klein OF 3 groot

  • Druiwe: 10 – 15 korrels

  • Lietsjies: 10

  • Piesang: 1 per ete, 2 per dag, 4 per week

Behalwe bogenoemde beperkinge, kan jy ook beter vrugte-keuses maak gebaseer op die totale styselinhoud.

Vrugte (aanbeveel)

(<12g stysel per 100g porsie)

Vrugte (vir matige gebruik)

(>12g stysel per 100g porsie)

Groente keuses

Die meeste groente is toelaatbaar op die plan, met die volgende beperkinge:

  • Aartappel: Slegs wanneer die plan dit noem

  • Avokadopeer: 1 As groentesoort, ½ in slaai, 2 per week

  • Patat: Slegs as plaasvervanger vir aartappel

Ontoelaatbare groente:

  • Mielies, ertjies, peulgroente (behalwe groenbone)

Behalwe bogenoemde beperkinge, kan jy ook beter groente-keuses maak gebaseer op die totale styselinhoud.

Groente (aanbeveel)

(<12g stysel per 100g porsie)

Groente (vir matige gebruik)

(<12g stysel per 100g porsie)

Graankos

Hoeveel moet jy eet?

Jy kan jou bakkie vol eet, maar mag porsies aanpas volgens die aanbevole riglyne:

  • FutureLife Smart Food:   4-5 Hoogvol eetlepels
  • Weetbix/Nutrific:   2-3 Blokkies
  • Hawermout (Oats):   ½ – ¾ Koppie (rou)
  • Graanvlokkies (All Bran,Corn Flakes, ens,):   ¾ – 1 Koppie

Wat kan jy dit eet?

  • Toelaatbaar:  FutureLife, Weetbix, Corn Flakes, All Bran Flakes, All Bran High Fibre, Jungle Oats, Nutrific, Special K, Rice Crispies Pronutro
  • Ontoelaatbaar: Muesli, Mieliemeel, Pap met vrugte, sjokolade/suiker bedekking,   sowel as enige pap wat nie hierbo genoem word nie.

Waarmee kan jy dit eet?

  • Graankos kan gemaak word met melk en/of water.
  • Gebruik genoeg om jou pap te bedek (ongeveer 125ml melk).

Eiers

Hoeveel moet jy eet?

  • Vroue eet volgens die hoeveelhede wat op die plan aangedui word.
  • Mans en kinders eet dubbel porsies.

 

Hoe kan jy dit eet?

Droë Vrugte

Hoeveel moet jy eet?

  • Die goue reël is “Jou Bakkie Vol”; dit is ongeveer 250g.
  • Jy mag jou porsie verminder, maar mag nie minder as 80g per ete wees nie.
  • Die gemiddelde persoon eet 90-125g per ete.

Wat mag jy eet?

  • Toelaatbaar: Pruimedante, perskes, appels, appelkose, pere
  • Ontoelaatbaar: Enige vrug nie hierbo genoem (bv. kokosneut, mango, piesang, ens.)

Hoe kan jy dit eet?

PLAASVERVANGERS

Die plan werk die beste as dit gevolg word soos dit is. Plaasvervangers is beskikbaar vir diegene wie, weens mediese redes, nie spesifieke items op die plan kan eet nie.

Indien jy nie van iets hou nie, onthou jou hoekom, maak jou oë toe en sluk.

REËLS / BEGINSELS

Weeg   |   Meet   |   Vet “Whoosh”   |   Kroek

Weeg

Weerstaan die versoeking om elke dag te weeg.

Jy loop die risiko om teleurgestel en mismoedig te word as die skaal nie so vining beweeg as wat jy dink dit moet nie – en jy vergeet dan heeltemal van die sentimeters.

  • Weeg op die vierdie dag, omdat jy dan al die resultate van die detoks fase sal kan sien. Weeg daarna slegs een keer per week.

  • Vir die beste resultate, weeg soggens voor ontbyt – op dieselfde tyd en op       dieselfde skaal.

  • Die weegdae is as volg: Dag 1, 4, 11, 18, 25, 29

Meet

Dit is presies (of amper meer) so belangrik om jouself te meet as om jouself te weeg.

Gebruik jou gewigsverlieskaart om goed tred te hou van jou sentimeters.

Soms wys die skaal dat jy baie min of selfs geen gewig verloor het nie, maar as jy jouself meet sal jy vining     agterkom dat jou sentimeters verminder het.

 Die volgende faktore speel ‘n belangrike rol:

  • Vetmassa weeg minder as spiermassa.

  • As jy baie oortollige vet het, beteken selfs die geringste verlies op die skaal baie. Dis inderdaad beter om vetmassa as spiermassa te verloor.

  • Neem kennis van hoe jou klere pas. As jou broeke/hemde begin los voel, is dit ook ‘n teken van gewigsverlies — selfs wanneer die skaal dit nie wys nie.

  • Die Vet “Whoosh” effek lewer ook ‘n belangrike bydrae.

Die Vet “Whoosh” Effek

  • Soos wat jy vetmassa verloor, word jou vetselle gevul met water as ‘n tipe plekhouer, en wag vir die sel om weer met vet gevul te word.

  • Vetselle kan hardkoppig wees en dae lank die water hou.

  • Sodra hulle besef dat daar geen vet meer inkom nie, word die water vrygestel en die sel stort ineen.

 (En uiteindelik, ‘n groot vermindering op die skaal.)

Kroek

Omdat jy hierdie plan vir JOUSELF doen, is dit slegs jy wat kan vasstel hoe getrou jy die plan kan/wil volg.

 Vir die beste resultate is dit nie ‘n goeie idee om te kroek nie, maar die onderstaande riglyne kan gevolg word indien jy iets eet wat nie deel is van die plan nie:

  • As jy kroek gedurende die detoks fase (dag 1 tot 7 van die plan), moet jy oor begin.

  • As jy op enige ander dag kroek mag jy aangaan met die volgende maaltyd/dag.

  • As jy per ongeluk etes/dae omruil, tel dit nie as kroek nie. Gaan aan met die plan.

Ontvang wenke, nuus en ontwikkelinge rakende die Eetplan via e-pos.

error: Content is protected !!
×

Cart