Die 28 Dae Eetplan Idees
AMPTELIKE WEBBLAD

TERME EN VOORWAARDES:

1. Alle bestellings moet vergesel wees van 'n betaling.

2. Alle betalings moet deur PayFast gedoen word via elektroniese oordrag of kredietkaart.

3. Ons neem nie aanspreeklikheid vir kopers wie verkeerde verwysing vir hul betalings gebruik nie.

4. Alle produkte in hierdie aanbod is slegs beskikbaar in Afrikaans.

5. Aflewering is slegs beskikbaar in Suid-Afrika.

6. Hierdie is NIE 'n dieetboek nie; dis 'n resepteboek gebaseer op die 28 dae eetplan.

7. Koerier bestellings word Maandag tot Vrydag gestuur via Aramex Koeriers.

8. Bestellings wat voor 12:00 ontvang is word dieselfde dag gestuur, mits dit 'n werksdag is. 

Bestellings wat na 12:00 ontvang is, word die volgende werksdag gestuur.

9. Bestellings sal binne 1-3 werksdae afgelewer word. Ons neem nie verantwoordelikheid vir enige

vertragings wat deur Aramex plaasvind nie.

10. Sodra jou pakkie aan die koeriers oorgehandig word is dit nie meer ons verantwoordelikheid nie.

Enige vrae oor aflewering moet direk aan Aramex Koeriers gerig word by 087 353 0252.

11. Kopers sal 'n opspoor kode ontvang sodra hul bestelling gestuur word. Dit is elke koper se eie

verantwoordelikheid om die vordering van hul pakkies te monitor by parcelcode.com.

12. Kopers MOET 'n fisiese adres verskaf, en verseker dat iemand by daardie adres sal wees om die

pakkie te ontvang. Posbusse word nie aanvaar nie.

13. Poskantoor bestellings moet binne 30 dae afgehaal word.

14. Ons neem geen verantwoordelikheid vir pakkies wat teruggestuur word omdat niemand daarvoor kon teken nie. Kopers moet die pakkies op hul eie onkoste terug kry.

15. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir kopers wie verkeerde, onvolledige of onbereikbare

adresse of kontaknommers verskaf nie.

16. Die bestelling en aankoop van produkte op hierdie webblad sowel as Die 28 Dae Eetplan Idees Facebook blad is onderhewig aan hierdie terme en voorwaardes.