Die 28 Dae Eetplan Idees
AMPTELIKE WEBBLAD

Terme en Voorwaardes vir die Aankope van Digitale Inhoud

Ons aanvaar EFT, kredietkaart en debietkaart as betalingsmetode.

Ons maak gebruik van die veilige betalingsportaal, PayFast.

Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige transaksies wat op die PayFast portaal gedoen word nie. Besoek gerus hul webblad vir meer inligting:https://www.payfast.co.za/

Aangesien al die voorraad op hierdie blad digitale items is, sal geen terugbetalings op aankope vanaf hierdie blad gedoen word nie.

Dit is die klient se verantwoordelikheid om te verseker dat hy/sy toegang tot 'n eposadres wat hul in staat sal stel om eksterne inhoud af te laai.

Moet asseblief nie jou werksepos gebruik om aankope van hierdie blad te doen indien daar enige elektroniese beperkinge op jou eposadres is nie.

Vir elke digitale produk wat aangekoop word, sal die klient 'n epos ontvang met 'n skakel om die produk(te) wat hul gekoop het, af te laai.

Dit is die klient se verantwoordelikheid om te verseker dat hulle hul eposse nagaan, die nodige internettoegang en/of data het om die produkte af te laai binne die gespesifiseerde limiet.

Geen terugbetalings sal gedoen word indien die bogenoemde klousule nie nagekom word nie.

Ons neem geen verantwoordelikheid vir kliente wie nie hierdie voorwaardes gelees het, of hulself met die volledige bestellingsproses verwittig het nie.

Kopiereg op alle produkte op hierdie blad is streng voorbehou. Produkte is slegs vir persoonlike gebruik en mag nie gekopieer, versprei of gedeel word nie. Oortreders sal vervolg word.