Die 28 Dae Eetplan Idees
AMPTELIKE WEBBLAD

Oor Ons

 

Die 28 Dae Eetplan is ‘n leefstylplan wat jou leer hoe om gesonde eetgewoontes aan te kweek waarby jy lewenslank kan baat vind. 

 

 

Die 28 Dae Eetplan was jare gelede deur ‘n apteker in Kaapstad saamgestel. Die eetplan het in die 70’s in die Huisgenoot verskyn en word al vir jare gevolg deur talle persone. Niemand kon sedertdien die apteker opspoor nie. Die eetplan behoort dus nie aan enige persoon , onderneming of Facebook groep nie, en is steeds vandag vrylik en gratis  beskikbaar. 

As gevolg van die groot aanvraag na 'n goed uiteengesette resepteboek met smaaklike idees om die maaltye interessant te maak, het ons in 2017 Die 28 Dae Eetplan Resepteboek saamgestel, wat in beide Afrikaans en Engels beskikbaar is.
In 2018 het ons die resepteboek omskep in 'n app om persone buite Suid-Afrika te akkomodeer. Die app is beskikbaar vir Android gebruikers en kan van Google PlayStore afgelaai word.
Ons bied ook ander produkte om dit makliker te maak om die plan te volg, soos 'n A3 yskaskaart, eetplan sleutelring, kalender en vele meer.

 

Ons doel is om soveel as moontlik kwaliteit hulpbronne te ontwerp vir diegene wie hierdie plan suksesvol wil volg.