Die 28 Dae Eetplan Idees
AMPTELIKE WEBBLAD

Die 28 Dae Eetplan Riglyne


ETENSTYE

Dit word aanbeveel om 5 ure tussen maaltye te laat.

  • Ontbyt: 07h00 – 08h00 (nie later as 1 uur na jy wakker skrik nie)
  • Middagete: 12h-00 – 14h00
  • Aandete: 18h00 – 20h00

ALGEMEEN

  • Drink baie water (8-10 glase per dag)
  • Geen peusel of tussen happies word toegelaat nie
  • Moenie maaltye omruil nie
  • Moenie kroek of bestanddele uitlaat/vervang nie

VROUE PORSIE

  • Elke maaltyd (die hele maaltyd) moet pas in ‘n bakkie van 450ml
  • MANS PORSIE
  • Mans eet ongeveer dubbel as vrouens
  • Elke maaltyd (die hele maaltyd) moet pas in ‘n bakkie van 600-700ml

PAP

  • Toelaatbaar: Enige graankos (“cereal”) en hawermout (“oats”) bv. Weetbix (2-3), Corn Flakes, Jungle Oats, All Bran Flakes, Special K
  • Verbode: Pap met vrugte, muesli, pap met sjokolade/suiker bedekking
  • MELK
  • Net genoeg om jou pak toe te maak, en jou koffie/tee te maak
  • Toelaatbaar: 2% Melk, Vetvrye melk
  • Verbode: Volroom melk

HOENDER

  • Porsie: Grootte en dikte van jou eie handpalm (vir mans en vroue)
  • Toelaatbaar: Borsstukke word aanbeveel
  • Ontoelaatbaar: Vel, deeg, krummels

VIS

  • Porsie: Grootte en dikte van jou eie handpalm (vir mans en vroue)
  • Toelaatbaar: Stokvis word aanbeveel
  • Ontoelaatbaar: Seekos, deeg, krummels

ROOIVLEIS

  • Porsie: Grootte en dikte van jou eie handpalm (vir mans en vroue), vet afgesny
  • Toelaatbaar: Beesvleis, skaapvleis, steak, maalvleis (ekstra maer), volstruis, wildsvleis
  • Ontoelaatbaar: Varkvleis, organe, marinade

ROOSTERBROOD

  • Toelaatbaar: Enige wit, bruin of volgraan brood
  • Ontoelaatbaar: Brood met vrugte, joghurt, stroop of sade
  •  2 Snye “Low GI” brood mag geëet word waar die dieet 1 sny noem
  • Brood moet altyd gerooster word

 SOP

  • Cup a Soup LITE (enige geur)

VRUGTE

  • Toelaatbaar: Alle vrugte, met die volgende beperkinge:
  • Piesang – 1 per ete, 2 per dag, 4 per week
  • Druiwe – 10 tot 15 korrels
  • Lichi’s – 10
  • Aarbeie – 5 Klein OF 3 groot

GROENTE

  • Toelaatbaar: Alle groente, met die volgende beperkinge:
  • Aartappel slegs wanneer dieet dit noem
  • Avokadopeer – 1 as groentesoort, ½ in slaai, 2 per week
  • Ontoelaatbaar: Mielies, ertjies, patats, peulgroente (behalwe groenbone)

DROË VRUGTE

  • Toelaatbaar: Pruime, perskes, appels, appelkose, perskes
  • Alternatief: 2 Appels gestoom met kaneel

JOGHURT

  • Porsie: 175ml per ete
  • Toelaatbaar: Enige lae vet joghurt
  • Ontoelaatbaar: Volroom, dubbelroom

KAAS

  • Porsie: Net genoeg om jou brood/Provita te bedek
  • Toelaatbaar: Wit kaas bv. Wit cheddar, Edam, Tussers, Mozzarella
  • Ontoelaatbaar: Sagte kase, feta kaas

PASTA

  • Porsie: ½ Van jou EIE bakkie rou pasta
  • Ontoelaatbaar: 2Min Noodles

GEURMIDDELS

Toelaatbaar:

  • Alle vars of gedroogte speserye en kruie
  • Spray n Cook (enige geur)
  • Weigh Less slaaisous slegs saam met tunaslaai
  • Suurlemoensap, Balsamiese asyn, Worcestershire sous & Tabasco
  • Ontoelaatbaar: Olie, vet, botter, suiker, smeer

DRANKIES

  • Daaglikse maksimum: 2k Koffie/Tee en 5k Groentee
  • Toelaatbaar: Koffie, tee (melk toelaatbaar, geen suiker), Flat Tummy water, Apple Cinnamon water, Ongegeurde minerale water (Still), Gewone kraanwater
  • Ontoelaatbaar: Koeldrank, sap, gegeurde water, alkoholiese drankies, suiker saam met koffie/tee