Die 28 Dae Eetplan Idees
AMPTELIKE WEBBLAD

Die 28 Dae Eetplan

 

Wat is Die 28 Dae Eetplan?

Die 28 Dae Eetplan is ‘n gewigsverlies program wat spesifiek bedoel is om persone te help om gewig te verloor en die nodige leefstylveranderinge te leer om hul doelgewig te handhaaf. Hoe meer gewig jy het om te verloor, hoe vinniger sal jy gewig verloor.

Dit is ‘n baie praktiese eetplan wat bestaan uit al die kossoorte wat ons oor die algemeen in ons kombuise aanhou – niks vreemd of uitheems nie.

 

Wie het die plan opgestel? / Wat is die oorsprong van die plan?

Die 28 Dae Eetplan was baie jare gelede saamgestel deur ‘n apteker in Kaapstad. Die plan het in die sewentiger jare opslae gemaak toe dit die voorblad van die Huisgenoot behaal het. Die plan was toe bekend as “Stellenberg Apteker se Dieet”.

Niemand kon sedertdien die apteker opspoor nie. Dit is die rede waarom die eetplan gratis is en altyd sal wees.

Oor die jare het die plan duisende Suid-Afrikaners gehelp om hul lewens te verander deur die ekstra kilogramme af te skud.

 

Hoe werk die plan?

Die eetplan bestaan uit ‘n voorafbepaalde spyskaart vir 3 maaltye ‘n dag, vir 28 dae. Jy kan op enige dag begin (nie noodwendig die 1ste dag van die maand, of ‘n Maandag nie), solank jy die plan van Dag 1 tot 28 in die korrekte volgorde volg.

Die eerste week is die moeilikste, aangesien dit die detoks fase is waartydens jou liggaam van al die gifstowwe ontslae raak en aanpas by jou nuwe eetgewoontes. Lees meer oor die simptome van detoks en hoe om dit te oorkom op ons blog.

Jy kan die 28 dae herhaal vir soveel keer as wat nodig is om jou doelgewig te bereik. Jy kan ‘n breuk neem tussen rondtes, of jy kan die rondtes agtereenvolgend voltooi.

 

Hoekom is hierdie spesifieke plan so suksesvol?

Die sukses van die plan berus op 3 belangrike beginsels wat grotendeels verantwoordelik is vir die sukses van die plan:

1.      Ongeveer 5 ure tussen maaltye

Die eetplan bestaan uit 3 maaltye per dag met geen peuselhappies tussen maaltye nie. Dit gee jou liggaam die geleentheid om jou reserwe energiebronne (m.a.w. oortollige vet) verbrand om energie te verkry. Dit veroorsaak ook die optimale werking van jou metabolisme en organe wat betrokke is by die spysverteringsproses, aangesien hierdie organe nie constant besig is om voedsel te verwerk en gifstowwe af te breek nie.

 

2.      Kleiner porsies

Die waarheid is dat die meeste van ons oorgewig is omdat ons te veel het, te gereeld eet, vir verkeerde redes eet of al die voorafgaande. Hierdie sukses berus hoofsaaklik op die sny van porsies sodat ons slegs inneem wat ons liggaam benodig om te funskioneer – niks meer nie.

 

3.      Geen suiker, geen ongesonde vette en lae koolhidrate

Hoe hierdie eetplan van ander diete verskil is dat die plan GEEN voedselgroep uitsluit nie. Dit bevat ‘n bietjie van alle voedselgroepe (koolhidrate, groente, vrugte, proteiene, suiwelprodukte en vette) in die korrekte hoeveelheid om optimale gesondheid te verseker.

Onnatuurlike suikers, ongesonde vette en ‘n oormaat koolhidrate is 3 van die hoof sondebokke wat tot vetsugtigheid bydra.

 

Hoe handhaaf ek my doelgewig?

As jy na die eetplan gaan terugkeer na hoe jy voorheen geëet het, gaan jy ongelukkig weer lyk soos jy voorheen gelyk het. Die doel van hierdie eetplan is om jou eetgewoontes te verander op ‘n permanente manier sodat jy nie weer terugval na jou slegte eetgewoontes wat tot jou oorgewigdheid bygedra het nie.

 

Hier is ‘n paar maniere hoe jy jou doelgewig kan handhaaf:

·        Hou by die voorgeskrewe porsie-groottes van die plan.

·        Probeer om nie tussen maaltye te peusel nie.

·        Sny wegneem etes en lekkergoed uit; of beperk dit tot 1 keer ‘n week.

·        Hou by die ontbyt van die eetplan.

·        Eet jou grootste maaltyd vir middagete en nie vir aandete nie.

·        Begin ‘n ligte oefen program of stap/draf gereeld.

·        Volg die riglyne van die eetplan gedurende die week, en eet wat jy wil oor naweke.

As jy enigsins weer gewig begin optel, doen die eerste 5 dae van die eetplan om jou liggaam te detoksifiseer en terug te keer na jou doelgewig.

Lees meer oor hoeveel jy behoort te weeg volgens jou LMI in ons blog, of bereken jou LMI hier


Belangrik: Moenie hierdie eetplan volg as jy swanger is, borsvoed, lae bloeddruk of enige ander mediese toestand het nie. Raadpleeg ALTYD eers jou dokter voor jy enige nuwe eetplan volg.