Die 28 Dae Eetplan Idees
AMPTELIKE WEBBLAD

Die 28 Dae Eetplan Idees Blog

2019-01-07

Dieet Voornemens Wat Jy Nie Moet Maak Nie

New-Years-Resolutions-Coastal-Empire-Senior-weight-loss.jpgVolgens ‘n Amerikaanse opname word 30% van alle nuwejaarsvoornemens gebreek voor Februarie maand. Die hoof rede waarom mense geneig is om uit die dieetbus te val, is omdat hul doelwitte onrealisties en/of onprakties is. Wanneer jy voel asof jy misluk het, is jy meer geneig om vir goed die tou in te gooi eerder as om weer te prober.

Hier is ‘n paar voorbeelde van slegte diet voornemens wat mens liewer nie moet maak nie.

1. “Ek wil 20kg verloor.”
Hierdie is ‘n uitstekende langtermyn doelwit, maar baie heftig vir iemand wat hierdie groot taak in klein stappies aanpak.
‘n Beter Opsie: Verdeel jou gewigsverlies doelwit in kleiner, meer haalbare gedeeltes, bv: “Ek wil elke maand 4kg verloor.”

2. “Ek gaan nie meer by restautante eet nie.”
Dit is uiters onrealisties, feitlik onmoontlik en baie eensaam om te besluit om jou sosiale lewe op hierdie manier te beperk. Jy gaan net meer en meer gefrustreerd voel en nie vir baie lank by jou dieet kan hou nie.
‘n Beter Opsie: Bestel slimmer by restaurante. Beplan jou uiteet-aande dat dit val op ‘n proteien en groente aand. Sodoende kan jy ‘n lekker hoenderslaai geniet, of selfs ‘n sappige steak!

3. “Ek gaan ‘n ‘juice-cleanse’ doen!”
Na die vakansie voel dit dalk soos ‘n goeie idee om ‘n detoks-dieet soos ‘n “juice cleanse” te volg. Dit is wanneer jy slegs sappe drink – niks anders nie. Hierdie tipe alles-of-niks benadering tot gewigsverlies is ‘n definitiewe plan vir mislukking.
‘n Beter Opsie: Die eerste 7 dae van die 28 dae eetplan is die beste detoks wat jy kan volg – en dit sluit geen voedselgroepe uit nie.

4. “Ek gaan myself elke oggend weeg.”
Om daagliks te weeg is ‘n GROOT nee op hierdie of enige ander eetplan. Dit is nie ‘n akkurate maatstaf van jou dieetsukses nie. Water retensie en hormonale veranderinge kan soveel as ‘n 3kg verskil in jou gewigslesings veroorsaak. As jy ook oefen terwyl jy dieet beteken dit dat jy spiermassa gaan begin optel terwyl jy vetmassa en sentimeters verloor.
‘n Beter Opsie: Volg die 28 dae eetplan beginsels en weeg een keer per week. Of, bere die skaal heeltemal en fokus slegs op hoe jou klere pas. Jy sal vining ‘n verskil begin agterkom.

5. “Ek gaan meer oefen.”
Hierdie voorneming is nie spesifiek genoeg om suksesvol te wees nie. Onthou, jou doelwitte moet realisties, practise en meetbaar wees.
‘n Beter Opsie: Beginners kan met een oefening per week begin, waarvan die beste opsie kardio-oefeninge is. Met tyd kan jy elke keer een sessie byvoeg.

Wat is jou nuwejaarsvoornemens? Hou jy daarby en hoe verhoed jy jouself om jou voornemens te breek? Vertel ons in die kommentaar.

Admin - 23:02:46 | Add a comment