Die 28 Dae Eetplan Idees
AMPTELIKE WEBBLAD



Welkom by Eetplan Idees! 

Ons spesialiseer in die ontwerp van hulpbronne vir die suksesvolle 28 Dae Dieet. Die 28 Dae Eetplan was jare gelede deur ‘n apteker in Kaapstad saamgestel. Die eetplan het in die 70’s in een van Suid-Afrika se glanstydskrifte verskyn en word al vir jare gevolg deur talle persone.

Voor die ontstaan van Eetplan Idees was hierdie dieet slegs bekend aan ‘n beperkte gehoor.  Die sukses van die 28 dae dieet is so asemrowend dat ons die plan aan die groter publiek beskikbaar stel hier. 

As gevolg van die groot aanvraag na 'n goed uiteengesette resepteboek met smaaklike idees om die maaltye interessant te maak, het ons in 2017 Die 28 Dae Eetplan Resepteboek saamgestel, wat in beide Afrikaans en Engels beskikbaar is.  In 2018 het ons die tweede uitgawe van die Resepteboek vrygestel. Elkeen van hierdie gesogte resepteboeke bevat 80 unieke resepte wat spesifiek ontwerp is volgens die riglyne van die 28 dae dieet.

Die 28 Dae Eetplan Resepteboeke is besonderse hulpbronne vir dieet sukses, aangesien dit alle onsekerheid tydens die voorbereiding van maaltye verwyder

Ons bied ook ander produkte om dit makliker te maak om die plan te volg, soos 'n A3 yskaskaart, eetplan sleutelring, joernaal, apps, kalender en vele meer.